Geverifieerde Resensie
Wes-Kaap
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Wes-Kaap bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 49260 resensies.
"Dwarskersbos is sentraal geleë en rustig die strande is heerlik en glad nie bedrywig nie ons het 'n fees gehad."
"Toegang tot swemplekke kan vergemaklik word. Byvoorbeeld op 81 en 'n ander met krukke is dit amper onbegonne."
"As kind het my oupa en ouma en twee tantes op Lambertsbaai gebly en ons het menig heerlike seevakansies daar deurgebring so my opinie is waarskynlik biased soos die Engelslman sê, maar Lambertsbaai is 'n pragtige dorpie by die see en die feit dat daar so baie mense oor vakansietye is, is bewys dat dit wel 'n gewilde toeristebestemming is."
"Lekker rustig, veilige strand as jy binne vlae bly van die lewensredders, perfek vir ons gewees."
"Ladismith, die dorpie self het ook pragtige bekoring. Hoewel ons net die strate heen en weer gery het, glo ek om die straatjies met sy pragtige huise en ou argitektuur te voet te doen sal heerlik wees. Die Klein Karoo dorpies vat mens weer terug in tyd en alles loop baie lekker stadiger daar - soos dit moet! Ladismith is ook baie naby aan Calitzdorp, Oudtshoorn, Barrydale en Montagu - om nie te praat van die pragtige Swartbergpas nie!"
"Altyd lekker om in Oudtshoorn vakansie te hou. Ontdek elke keer iets nuut."
"Een aand is te min, moet minstens twee aande oorbly, sodat jy Prins Albert behoorlik kan geniet."
"Genoeg om te sien en doen, baie sentraal vir omliggend rond reis. Heerlike kus vakansiedorp."
"Dit is 'n pragtige plekkie, klein, maar Mosselbaai en Hartenbos is naby genoeg vir bietjie meer besienswaardighede!"
"Wonderlike gasvrye mense en, 'n pragtige omgewing. Sal vir seker teruggaan daarheen."
"Sou graag die Kokkedoor stoor wou gaan sien het, maar kon nie eens daar inkom nie."
"Ons het van die ander dae ook in Sentraal Mosselbaai oorgebly en was baie lekker. Die verblyf was aangenaam, ons het veilig gevoel en dit geniet om rond te loop en was naby alles. "
"'n Baie skoon strand en rustigheid, selfs oor Desember. Onthou die water is ysig koud."
"Betty's Bay is fantastic. We did a hike in the Kogelberg Nature Reserve which was beautiful as well."