Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6672 resensies.
"Die Weskus bly een van die lekkerste areas om te besoek. Die mense is uniek, altyd vriendelik, spontaan en net 'n plesier!"
"Ons kon baie dorpe in die omgewing besoek sonder om te veel kilometers af te lê. Die winkels in Velddrif het heeltemal in ons behoeftes voldoen en ons het die gholfbane in die omgewing baie geniet."
"Lekker by die see. Augustus-September se blommekyk is ook iets lekker om te beleef."
"Altyd mooi, veral in blommetyd, maar bly 'n avontuur om daardeur te reis."
"Paternoster is ‘n fantastiese bestemming! Daar is so baie om te doen, met Tietiesbaai net om die draai. Vele restaurante om van te kies en die mooiste sundowner-bestemming. "
"Ons geniet dit altyd om blomme te kom besigtig, veral na goeie reën. Die blomme was in 2020 van die beste wat ons in baie jare gesien het. Die blomme net buite Lambertsbaai op pad na Paternoster was ook pragtig."
"Vanjaar is 'n besondere goeie jaar vir blomme. 'n Bonus in die ontwrigtende Covid-19 jaar."
"Mooi en skoon Weskusdorp wat jou verwagtinge sal oortref. Mooi blomme gesien op sypaadjies en tussen erwe tydens Weskus-lente. "