Is jy ’n avonturier wat hou van klim en klouter? Dan is ’n wegbreek na ons mooie land se bekendste grotte perfek vir jou. As jy hulle een vir een op jou emmerskoplysie wil afmerk, val dié artikel so reg in jou kraal. Hier is alles wat jy van Suid-Afrika se 10 bekendste grotte behoort te weet en, soos gewoonlik, wys ons jou ook waar jy lekke kan slaap na ’n dag vol verkenning en avontuur.

1. Kangogrotte, Oudtshoorn, Wes-Kaap

Die Kangogrotte is in 1780 ontdek, en vandag is dit die bekendste grot in Suid-Afrika. Hier kan jy uit twee verskillende toere kies: die erfenistoer of die avontuurtoer. Die erfenistoer bied ’n algemene oorsig van die dele van die grot wat maklik bereik kan word. Om die avontuurtoer aan te pak, moet jy verkieslik van ’n uitdaging hou en noutevrees moenie vir jou ’n probleem wees nie, want dié toer behels klein gaatjies, nou gangetjies en ’n gekruipery.

Besigheidsure: 09:00 tot 16:00
Tariewe:
* Erfenistoer: Volwassenes: R110; Kinders: R65
* Avontuurtoer: Volwassenes: R165; Kinders: R100
Kontaknommer: 044 272 7410
E-posadres: reservations@cangocaves.co.za

Hiér’s ons puik verblyf in die omgewing:
Gastehuis:
Feather Nest Guest House | Selfsorgverblyf: Hartland | B&B: Langenhoven B&B

2. Sterkfonteingrotte, Krugersdorp, Gauteng

In 1999 is hierdie grot as ’n UNESCO Wêrelderfenisgebied verklaar. Dit word deur die Universiteit van Witwatersrand besit, wat ook vir die hoofuitgrawings verantwoordelik is. Die bekende Me. Ples- en “Little Foot”-beendere is hier ontdek, asook meer as 500 hominiede (moderne mense en hulle direkte voorvaders).

Besigheidsure: 09:00 tot 17:00
Tariewe:
* Volwassenes: R165
* Kinders (4 tot 14 jaar): R97
* Kinders onder 4 jaar: Gratis
* Pensionarisse: R85
* Studente: R100
Kontaknommer: 014 577 9000
E-posadres: website@maropeng.co.za

Hiér’s ons puik verblyf in die omgewing:
Gastehuis:
 Welpie Gastehuis | Selfsorgverblyf: The WarehouseB&B: Deo Gratia Gastehuis | Kamp: Leeuwenkloof Environmental Facility

3. Sudwalagrotte, Nelspruit, Mpumalanga

Die Sudwalagrotte is van die oudste grotte ter wêreld. Die begeleide toer is ’n belewenis en oud en jonk kan gemaklik in die kamers van hierdie grot kom wandel. Vir die waaghalse is daar ’n 6 uur lange kristaltoer en jy kan jouself maar gereed maak om nat en vuil te word! Hierdie toer is ongelukkig nie geskik vir kinders onder 14 jaar, mense met knie- en rugprobleme of diegene met engtevrees nie.

Besigheidsure: 08:30 tot 16:30
Tariewe:
* Volwassenes: R95
* Kinders (onder 16 jaar): R50
* Kinders (onder 4 jaar): Gratis
* Pensionarisse: R80
Kontaknommer: 083 446 0228 / 0792051688
E-posadres: info@sudwalacaves.co.za

Hiér’s ons puik verblyf in die omgewing:
Gastehuis:
Sheba Rock Gastehuis | Selfsorgverblyf: Kilarney Farm House | B&B: Amigo’s Bed & BreakfastKamp: Sabie River Camp

4. Wondergrot, Kromdraai, Gauteng

Die Wondergrot is ook in die Wieg van die Mensdom Wêrelderfenisgebied geleë en dit word omring deur verskeie wildplase. Hierdie grot is in 1898 deur Italiaanse myners ontdek en dis die derde grootste grot in Suid-Afrika.

Besigheidsure: Dinsdae tot Vrydae: 09:00 tot 16:00; Saterdae, Sondae en openbare vakansiedae: 09:00 tot 17:00
Tariewe:
* Volwassenes: R100
* Kinders: R80
* Pensionarisse: R90
Kontaknommer: 011 957 0106
E-posadres: info@rhinolion.co.za

Hiér’s ons puik verblyf in die omgewing:
Gastehuis:
 Willow RetreatSelfsorgverblyf: Magaliqua Guest House | B&B: Roodepoort B&B | Rugsakreisigers: Plekkie in die Son Backpackers

5. Eggogrotte, Mokopane, Limpopo

A post shared by Boitumelo Moti👑 (@tumi_moti) on

Die Eggogrotte is in 1923 op ’n plaas met die naam Klipfonteinhoek ontdek. Die oostelike ingang, wat na verskeie van die grotte lei, is in 1960 oopgestel aan die publiek en die grotte is vandag ’n nasionale monument.

Besigheidsure: 08:30 tot 16:30
Tariewe:
* Volwassenes: R60
* Kinders (onder 12 jaar): R25
Kontaknommer: 013 238 0015

Hiér’s ons puik verblyf in die omgewing:
Gastehuis:
 Bonamanzi Guest HouseSelfsorg: The Shoe Guesthouse | B&B: The Royal Palm Bed & Breakfast | Kamp: Elangeni Holiday Camping and Caravan Park

6. Stadsaalgrotte, Sederbege, Wes-Kaap

A post shared by The Inside Guide (@insideguide) on

Die Stadsaalgrot is in die Matjies Natuurreservaat, wat ook ’n Wêrelderfenisgebied is, geleë. Min dinge is so mooi soos hierdie grot se rotsformasies en hiér sal jy ook ou rotstekeninge kan aanskou.

Tariewe: Besoekers sal ’n permit moet koop (by Plaas Driehoek of CapeNature):
* Volwassenes: R60
* Kinders: R35
Kontaknommer: 021 483 0190
E-posadres: reservation.alert@capenature.co.za

Hiér’s ons puik verblyf in die omgewing:
Gastehuis:
Yellow Aloe Gastehuis | Selfsorg: Kunje Guest Farm | B&B: Aan D’Oewer B&BKamp: Schoongezicht Campsite

7. Waenhuiskransgrot, Arniston, Wes-Kaap

A post shared by Raeeq Gamieldien (@raeeqg) on

A post shared by Peter Rich (@sweetpete_cpt) on

Dié grot spog met uitsigte oor die helderblou oseaan en dit word met ’n skilderagtige wandelroete al langs die see af bereik. Let asb. daarop dat die grot slegs tydens laagwater besoek en verken kan word.

Kontaknommer: 028 424 2584

Hiér’s ons puik verblyf in die omgewing:
Gastehuis:
6 On Kloof | Selfsorg: 16 On Main | B&B: Firlane House

8. Klipgatgrot, Gansbaai, Wes-Kaap

Die Klipgatgrot is in die Walkerbaai Natuurreservaat anderkant De Kelders geleë. Dié grot word gekenmerk deur sy uitsig oor die see en dis een van die beste walviskyk-plekke in die Kaap. Daar is ook begeleide toere beskikbaar.

Kontaknommer: 028 384 1439
E-posadres: gansbaaiinfo@telkomsa.net

Hiér’s ons puik verblyf in die omgewing:
Gastehuis:
Aire del Mar Guesthouse | Selfsorg: Kom en Geniet 222 Selfsorg | B&B: Nell’s B&BKamp: Uil Skuil Camping

9. Wonderwerkgrot, Kuruman, Noord-Kaap

Die Wonderwerkgrot is ’n Nasionale Erfenisgebied en strek tot 139 meter in die grond in. Die grot het ongelooflike rotstekeninge en Julia Martin, die welbekende outeur van verskeie ekologiese literêre werke, het onder meer oor dié grot in haar boek A Millimetre of Dust: Visiting Ancestral Sites geskryf.

Tariewe:
* Volwassenes: R20
* Kinders: R10
Kontaknommer: 082 222 4777

Hiér’s ons puik verblyf in die omgewing:
Gastehuis:
Klipwerf Gastehuis | Selfsorg: French Blue | B&B: Shalom Guesthouse

10. Boomslanggrot, Kalkbaai, Wes-Kaap

Om by die Boomslanggrot uit te kom, kan jy jou motor in Boyes’ Drive parkeer en vandaar ’n voetslaanroete van sowat 2 uur tot by die grot aanpak. Die staproete bied besondere uitsigte oor Kalkbaai en Echo-vallei, maar pasop wanneer jy by die grot kom, want daar is heelwat vlermuise wat hulself daar tuisgemaak het!

Tariewe: Gratis

Hiér’s ons puik verblyf in die omgewing:
Gastehuis:
Chartfield Guesthouse | Selfsorg: The Artist Cottage | Rugsakreisigers: Hout Bay Backpackers 

Nou ja toe! Bespreek nou jou volgende vakansie deur LekkeSlaap en gaan besoek ons land se indrukwekkende grotte van Gauteng tot die Kaap.

Hooffoto: Kangogrotte (deur Annerie Lemmer)