Geverifieerde Resensie
Cape Route 62
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Route 62 bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 2351 resensies.
"Mooi geleë tussen die berge. Uitsigte wat jou tevrede laat, wyn, droë vrugte, rustigheid - hier mag 'n mens maar bly! "
"Bonnievale is a lovely small town with the Parmalat factory right there. The wine farms are also lovely and beautiful."
"De Rust se potensiaal is nog by verre nie ontwikkel as toerisme bestemming nie. Dis 'n beeldskone dorpie met hope karakter en stories."
"Besoek Klein Karoo Kombuis vir 'n baie lekker middagete en uitstekende diens."
"Deur die week is die dorpie maar stil, maar vanaf 'n Vrydag kry die plek nuwe lewe."
"Robertson se mense is vriendelik en alles wat nodig is, is beskikbaar. En moenie die Affie Plaas padstal vergeet nie."
"Doen moeite en kry 'n kaart van al die dinge wat 'n mens in en om Robertson kan doen - anders gaan jy spyt wees."
"Al die restaurante, winkels en padstalle bied uitstekende verskeidenheid en waarde vir geld."
"Ja, besoek Klipdrift! Hulle was uiters professioneel en het ons baie vriendelik ontvang. Ons het baie welkom gevoel. Ek kan beslis hulle hamburger aanbeveel!"
"Pragtige dorpie, baie uniek met vriendelike mensies. "
"Regte plattelandse dorp waar jy die waarde van rus besef ... die 'locals' is baie vriendelik en mens kuier lekker by die plaaslike restaurante."
"Baie oulike, skoon dorpie. Met die deurry wil mens stop-stop want daar is soveel interessante plekkies om te kuier."
"Would love to explore the town and will most definitely plan a breakaway soon."
"Ons het verlief geraak op McGregor en wil daar gaan aftree. Van die beste pizza wat ek nog ooit geproe het by Sofia's."