Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36701 reviews.
"Zeer gunstig gelegen om de wijngbieden van de Wes kaap te bezochten. We zullen deze lokatie aanbevelen aan vrienden."
"Grabouw self is bietjie rof maar naby aan alles. So rondom Grabouw se dorp is daar baie om te doen."
"Dis gerieflik naby Kaapstad, maar nie in die gewoel van die stad. Pragtige uitsigte van Valsbaai met die berg om."
"Daar is so baie in die omgewing. Ons was tot by Franschhoek, Bonnievale, Montagu en Worcester. Pampoenstal was 'n belewenis. Dit is opvallend hoe goed die paaie versorg word selfs die grondpaaie. Dorpies is ook skoon en netjies. Sal beslis weer hierdie area wil besoek."
"Pragtige omgewing. Dit was vir ons lekker dat dit net so 'n entjie uit die besige gedeelte van Hermanus is. Dit is opvallend hoe skoon die dorp is. Sal beslis weer hier wil vakansie hou."
"Baie mooi omgewing. Ons dink alweer aan ons volgende besoek daar. Sal baie graag weer wil gaan as dit enigsins moontlik is. "
Stellenbosch Central, Western Cape
Life & Leisure Boutique Guesthouse"Parkeerplek is en bly 'n probleem."
"Mooi netjiese Karoo dorp aan voet van Swartberge. Dorp en omgewing het interessante historiese en geografiese besoekplekke. Almal die moeite werd om te sien. Gemeenskap kan geloof word vir "omgee vir diere" en instellings soos die Donkey Sanctuary."
"Dis naby die see en baie wynplase om te besoek, ook naby Stellenbosch en Kaapstad."
"Gesellige dorp, pragtig, met fantastiese eetplekke en restaurante. Wit eenvormige huisies en skoon strate skep 'n lekker vakansie gevoel."
"Vir dié wat opsoek is na absolute sielsrus en wegdoen met die normale dag-tot-dag roetine is hierdie sonder twyfel die perfekte wegbreek!"
"Ons hou van private strande, min mense en nie baie winkels nie. Die natuurskoon is pragtig!"
"Ek wens ek kan eendag daar kom bly of ten minste aftree. Ek is mal oor die ligging van die plek en die vriendelikheid van die mense, hulle is baie gasvry. "