Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 34945 resensies.
"Dis 'n pragtige vallei met allerlei paaie om te verken! Ons het die heerlike pizza en wynproe by Highlands Road Estate baie geniet, asook die lekker ontbyt by Rojaal teekamer. Ons sal graag weer gaan."
"Sal baie graag weer wil gaan en meer tyd spandeer in die lieflike dorp en omgewing. Enige fotograaf se droom."
"Vredehoek is perfek as jy nog naby aan die stad wil wees, maar net ver genoeg van die gejaag. So naby aan 3 lekker restaurante, 'n parkie vir kinders en nog beter, klipgooi van die stap roetes wat die berg bied. Dis net amazing!"
"Oudtshoorn is 'n ongelooflike toeriste bestemming vir 'n gesin met kinders. So baie goed om te doen!"
"Sentraal geleë om die omgewing te kan verken en langs pragtige deel van die Langebaan strand."
"Baie lekker plek om te besoek en daar is so baie om te doen. Sal weer kom kuier. "
"Dit is 'n pragtige dorpie met gasvrye mense. Ek kan Weskus kombuis asook Isabellas aanbeveel hulle kos uit die boonste rakke met n mooi uitsig en vriendelike diens. Daar kan net meer aandag aan die hoofstrand gegee word, hy is bietjie verwaarloos en 'n seer oog."
"Did not really tour around, but liked the outdoor restuarants on the main road. "
"You MUST go to the Cango Caves, the Cango Wildlife Ranch and to go on an ostrich farm tour! So cool! "
"Gaan eet gerus by Mez restaurant, fantastiese restaurant, bespreek beslis."
"Nuwe puik promenade vir alle doeleindes. Nuwe pretpark vir kinders. Lekker oop strand om te kan swem, speel en stap."
"Elgin is mooi, stil en skoon met vars lig om in te asem. Pragtige plase."
"Dit is ons eerste keer wat ons Prins Albert besoek. Dit is 'n eg plattelandse dorp met 'n rustige atmosfeer. Lekker ontbyt geëet by die Koffiehuis. Baie mooi hotel, langs die Koffiehuis, met pragtige ou meubels. Ons sal volgende keer meer wil rondloop om die dorp te verken."