Geverifieerde Resensie
Green Kalahari
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Green Kalahari bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 497 resensies.
"Ons het net bietjie gesoek na die plek, sal goed wees as hulle dalk meer rigtingaanwysers aanbring."
"Ek dink nie die dorp is werklik 'n vakansiebestemming nie, maar voorwaar 'n perfekte dorp om te oornag en route na die Weskus, of blommetoere, ens. Baie mooi wingerde en die Oranjerivier kronkel stadig deur die dorp. Interessant om dit te kan ervaar. Naby die Augrabiese watervalle."
"Keimoes is 'n wonderlike plek met wonderlike mense. Ons beplan ons vakansie weer in die toekoms in daardie rigting. Sal Tkabies en Keimoes aan enige persoon aanbeveel. Tkabies se diens/waarde is besonders vir enige reisiger en toeris. "
"Somer is baie warmer tussen die klippe en die wind kan onplesierig wees vir braai by swembad. Andersins baie lekker rustige wegbreek."
"Baie interessant dat daar wyn/drywe wingerde groei, 'n mooiheid op sy eie."
"Visit Riemvasmaak and pop in at Norbet Coetzee’s restaurant. On the right just before you get to the town."
"Die nabyheid van die Augrabiesvalle maak dit die moeite werd. Ons het nie baie van die dorp beleef in die tydjie wat ons daar was nie, maar dit is die moeite werd om daar te stop."
"Kokerboomwoud is verlate, jammerte kon nie toegang kry per voertuig nie, maar het maar deur doringdraad geklim en gestap. Asemrowend mooi."
"Keimoes se mense maak dit besonders. Augrabies en Kakamas met sy ruimtes is een van God se mooiste skeppings!"
"Sal Kakamas weer besoek, het nie al die benoemingswaardighede besoek nie. Die Pienk Padstal was ons vashaakplek. Lekker geëet en gekuier by baie vriendelike eienaar!"
"Die Groen Kalahari is 'n juweel in Suid-Afrika se kroon en die gasvryheid en warm mense maak dit baie besonders."
"Die begraafplaas in haglike toestand. Die mense van die eiland se voorouers lê daar begrawe en niks word gedoen om dit netjies te hou nie. Grafstene word beskadig. Skande."