Geverifieerde Resensie
Cape Winelands
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Winelands bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3738 resensies.
"Wellington is nie regtig gespits op toeriste nie - meeste van hul wynplase maak vroeg toe op 'n Saterdag en is Sondae toe. Dit was nie 'n reuse probleem nie aangesien Paarl, Tulbagh en Riebeek-Kasteel heel naby was, maar die Wellington-wyne was so lekker dat ons spyt was ons kon nie meer ervaar nie. Wat wel vir ons baie lekker was, is dat juis omdat dit nie so kommersieel is nie en ons baie persoonlike aandag by die kelders gekry het, soms vanaf die eienaars en/of wynmakers self. Ons het heerlik geëet by Gecko Lounge in die dorp. Ek glo ons sal Wellington weer besoek."
"Robertson bly een van die juwele van die Kaap. Ons kuier altyd heerlik in Robertson, ons kom altyd weer terug na die mooi omgewing."
"The area is very quiet and safe and completely stunning. I would recommend it to anyone."
"Die Paarl is 'n heerlike bestemming om wynplase in die omgewing te besoek, sonder al die baie besoekers wat ander soortgelyke dorpe het."
"Rustige area, naby aan alles, maar ver genoeg weg dat daar nie geraas en baie verkeer in die woongebied is nie."
"Van Dorpstraat tot al die wynlandgoedere van Stellenbosch, is dit een van my gunsteling bestemmings in Suid-Afrika."
Riebeek-Kasteel, Kaapse Wynlande
Eldorado Self-Catering Country House"Puik ou plekkie met lekker eetplekke!"
"Montagu is 'n pragtige dorpie, hoort op elkeen se vakansie lysie te wees."
"Sentraal om verskeie wynkelders en ander toeriste aantreklikhede te bereik."
"Dis heerlik stil en die vallei is baie mooi. Die toerismeburo kan meer doen om alle besienswaardighede en aktiwiteite in die omgewing op hul webwerf te promoveer. Dit sluit restaurante, wynplase (proelokale oop vir die publiek en tye), akkommodasie, winkels, padstalle, ens in. Dit help om te weet wanneer wie (werklik) oop en toe is. Moes baie rondbel om uit te vind. Die webwwerf is goed, maar kan verbeter. Kon meer hulpvaardige inligting vanaf Trip Advisor en sekere brosjures by blyplekke kry. Montagu moet iets doen om hul uitstallings in die museum (sendingkerk) bietjie meer aantreklik te maak. Dit is interessant, maar die voorlegging kort werk. Montagu is lieflike plek, sal weer terug gaan, maar net nie weer tydens 'n hittegolf nie."
"Pragtige skoon dorpie, waar 'n mens alles kry wat jy nodig het: 'n wassery, 'n gesondheidswinkel, lekker restaurante, veral Rambling Rose. Sal weer gaan. Die natuurskoon is asemrowend!"