Verified Reviews
Cape Winelands
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Winelands
Rated 4.6 out of 5 based on 3721 reviews.
"Rawsonville is 'n rustige dorpie. Behalwe vir die wynplase in die omgewing is daar nie veel om te doen nie. Voldoende vir 'n luilekker rustige naweekwegbreek. "
"Hierdie dorpie het my hart gesteel! Dis pragtig en silwer skoon. Ou sjarme begroet jou om elke hoek en draai."
"Stellenbosch is pragtig! 'n Moet vir enige wyn-liefhebber!"
"Ons was gelukkig om 'n troue in die ou N.G. Kerk by te woon. Wat 'n wonderlike ou gebou! Die diens daar het bygedra tot ons goeie herinneringe aan Robertson en omgewing. Ons sal beslis weer die omgewing besoek!"
"Ek is mal oor Montagu as toeristebestemming. So baie mooi plekke om te besoek. Ons het geëet by die Montagu Hotel en dit was 'n wonderlike ervaring. Sowat van goeie diens en voortreflike kos. Daar is soveel te sien wat kuns en handwerk aanbetref in Montagu en die omgewing is ook mooi. "
"Stellenbosch is my hartstad. Ek is so lief vir die atmosfeer en die mense en die natuurskoon. As 'n Pretorianer sal ek enige tyd en enige dag in Stellenbosch verwyl. "
"Perfect location for the people living in Cape Town and beautiful nature. "
"Sentraal geleë in die wynroete en baie om te sien en te doen. Heerlik geëet by die Taalmonument en De Kelder."
"Worcester needs to invest in kids activities, there is just not enough for kids to do."
"Dis regtige 'n ongelooflike plek! Die mense is vriendelik en die dorpie prentjieboek mooi! Eseltjiesrus is 'n definitiewe moet! Ek sal more daar gaan woon! Asemrowend!"
Riebeek-Kasteel, Cape Winelands
La Montagne Lodge"Het ongelukkig nie tyd gehad om regtig deur die dorpie te gaan nie, maar sal beslis weer vir 'n besoek gaan."
"'n Pragtige plattelandse dorpie met 'n fantastiese bakkery (Louretta's) en slaghuis (Pinto's)."
"McGregor het sy eie tyd, jy vang nie sommer die kroeg oop daar nie. Sou dit graag wou sien, maar die eienaars besluit of hulle wil oop wees of nie. Maar dit maak dit alles net soveel meer interessant. "
"Dit is maklik bereikbaar en tog so bietjie uit die middedorp se gewoel. Dis natuurlik as jy eie vervoer het."
"The wine route and surrounding activities are exceptional in this area, but Robertson itself is a bit of a sleepy hollow with minimal tourist attractions."
"McGregor is 'n pragtige klein dorpie met genoeg juwele soos Bemind wyne waar jy sommer midde in die wynmaakproses instap en by die vriendelike wynmaker self jou wyne koop. Die pottebakkers ateljee is ook 'n unieke ervaring. Eseltjiesrus vat aan 'n mens se hart. Jy eet heerlike kaaskoek by jou koffie op die stoep van die eetplekkie waar jy ook 'n verskeidenheid olyfprodukte kan koop. Die dame by die inligtingskantoor was baie behulpsaam en het flink gehelp om 'n staproete deur die dorp te beplan vir die tyd wat ons daar wou deurbring. "
"Dit is 'n pragtige dorp met baie geskiedenis, en die moeite werd om te besoek."
Stellenbosch Central, Cape Winelands
107 Dorpstraat Boutique Hotel"Parkeerplek is 'n riller! Bespreek daarom altyd by akkomodasie wat parkeerplek beskikbaar het. Maar as jy so sentraal bly het jy geen vervoer nodig nie."