Geverifieerde Resensie
KwaZulu-Natal
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in KwaZulu-Natal bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 6927 resensies.
"Daar is tans 'n paar uitdagings in Port Edward met watertoevoer en natuuaarlik die beurtkrag. Daar is genoeg winkels om al jou voorraad daar aan te koop so dit is gerieflik."
"Ballito was great, however there were a lot of youngsters about during matric rage which made it very loud in terms of music. However the beaches were great and people friendly."
"Toti het baie agteruitgegaan. Maar a.g.v. baie dinge wat die provinsie getref het, kan ons maar verby sekere goed kyk. Moet sê ons het probeer om local plekkies te ondersteun en hulle was goedkoper en ook baie vriendelik."
"Strande is nie skoon nie. Geen vars vis te koop nie wat vir ons wat van die binneland af kom nogal belangrik is. Ons is nie lus vir gewone take aways en gevriesde vis nie."
"Strande was skoon en nie overcrowded nie. Ons het baie lekker vakansie gehou. Uvongo en omliggende gebiede is ons vakansiemagneet, ons gaan elke keer terug."
Nottingham Road, KwaZulu-Natal
Hawklee Country House"Pragtige plekkie! Het dalk so paar padwerke nodig, maar vir die reisiger wat nie haastig is nie en stadig ry is dit geen probleem nie. Plus, waar in ons land lyk die paaie werklik goed? So dis nie 'n rede om Nottingham Road te vermy nie!"
"Lekker eetplekke, gerieflike staproetes langs strand. Lekker avontuurplekke om te besoek."
"As any tourist destination, you are harassed in your car by so-called car guards, but when they are in official uniforms and keep asking for favours to get to the beaches etc. is annoying. Also no restaurants or bars have views overlooking the sea or lagoon."
"Strande was vuil. See was vuil met kledingstukke en bande in die water. Ons het besluit om liefs uit die water te bly."
"Ballito het baie uitgebrei in die laaste paar jaar en bygehou by wat toeriste verlang in die mark. Dis nog steeds relevant in die huidige toerisme mark. Meer as genoeg om jou besig te hou vir jou vakansie."
"Ons gebruik Pongola as 'n pitstop voor ons verder reis. Maak ongelukkig nie van hul toeriste bestemmings gebruik nie, maar ek weet daar is 'n paar mooi plekke."
"Amanzimtoti van self was glad nie wat ons kon onthou van vroeër jare nie, baie arm dorp en ietwat onnetjies. Ons kuier was wel in die begin van die vakansie-tydperk en ons kon sien soos ons gestap het dat die dorp elke dag daaraan gewerk het die omliggende areas om dit netjies te kry."
"Ons was nie eintlik in Margate nie, maar die strande by Ramsgate en South Broom is pragtig. Margate is te besig en ek het na rus en vrede gaan soek."