Geverifieerde Resensie
Overberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Overberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 6397 resensies.
"Dorp bied alles wat 'n persoon verlang. Die mense is vriendelik. Die dorp is rustig met genoegsame aktiwiteite vir oud en jonk. Ook baie ideaal vir die hengelaar."
"Dt is 'n baie mooi plek en sy mense is baie vriendlik. Sal enigetyd weer terug wil kom en ook ander huise besoek. "
"As jy lief is vir die see, is Sandbaai jou eindbestemming. Veral as jy Sandbaai Country House jou tuiste maak!"
"Dit is beslis die moeite werd om die Harold Porter Botaniesetuin te besoek. Die Leopards Kloof wandelpad word beslis aanbeveel vir energieke stappers."
"Hermanus is en bly my gunsteling bestemming vir wegkom. Die dorp voorsien egter aan 'n mark wat dit net te duur maak vir die "gewone" man. Restaurante is baie mooi, maar die kos en drank te duur vir kwaliteit wat uitgestuur word. Ons was teleurgestel in 2 bekende restaurante."
"Pragtige, rustige plek met baie vriendelike mense en pragtige strande."
"Hemmingways book store is a real gem! And Fisherman's Cottage a great place to have Sunday lunch! "
"'n Juweel van die Overberg. Trotse bestemming om mee te spog by enige buitelandse gas."
"Ons was slegs dames vir die naweek, maar het baie gaan stap sonder om enigsins onveilig te voel."
"Dit is beslis 'n rustige plek om na weg te breek uit die gewoel van die stad se gejaagdheid. Niemand is onnodig haastig nie en die tydjie daar is siel's verkwikkend."
"Oulike dorpie met 'n rustige atmosfeer en pragtige natuurskoon met die berg so naby. Perfek om bietjie rus vir jou siel te kry met net die nodigste winkeltjies."
Hemel-en-Aarde Vallei, Overberg
High Season Farm Luxury Cottages & Venue"Net die forel visvang was sleg. Niks gevang in die 4 dae, maar dit was by Sumaridge se dam."
"Dit is 'n bietjie afgeleë, alhoewel dit 'n lekker stapstrand het, mits die weer goed is."
"Lekker om tyd daar deur te bring. Kry die gevoel van dat dit is die "hoër stand" wat hier uithang."
"Om verseker 'n draai by Pili Pili restaurant te maak en om 'n uur of twee op 'n bankie by die hoofstrand stil te sit en die baljarende walvisse dop te hou! Asemrowend! Die Breederivier is ongelooflik mooi. Witsand is 'n besonderse destinasie om te ontspan."
"Heerlike vibe in die dorp, ideal vir 'n naweek wegbreek of langer. Desember is egter 'n malhuis daar."