Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36612 reviews.
"Lekker dorpie waar jy nog kan parkeer by jou gastehuis en rondloop waar jy wil wees. Pragtig."
"Die berge is pragtig en dit was 'n voorreg om in die hatjie van ons vrugte produserende gedeelte te kon reis. "
"Jacobsbaai het vir ons rus vir ons siel gebied. Baie skoon en netjiese dorpie. Kindervriendelik. Jacobsbaai is ook naby aan die bekende Weskus-dorpies, so dis lekker om in Jacobsbaai te oornag en al die omliggende dorpies te besoek. Eersteklas!"
"Wat 'n pragtige dorpie om te verken! Lekkerste restaurante. Wil graag Old Mill uitsonder. Waterblommetjiebredie was heerlik! Ons moes net baie lank wag."
"Perlemoenbaai en De Kelders is lieflik. Min swemstrande daar maar Franskraal se heerlike familie swemstrand het opgemaak daarvoor! Pragtige uitsig en genoeg winkels, ook lekker drafpaadjie langs die see! Ons het heerlik gekuier!"
"Knysna is een van ons gesin se gunsteling bestemmings. Daar is ook so baie ander aktiwiteite en toeriste aantreklikhede in die omgewing veral Plett se kant toe. Restaurante op Thesen Island is fantasties. Ons sal verseker weer soontoe gaan."
"Die is ons derde besoek aan Lambertsbaai, en soos altyd, het hy ons nie teleurgestel nie! Ons geniet die natuurskoon en die rustigheid vreeslik!"
"Cape Town in general is becoming more and more popular as the preferred tourist destination because of the exchange rate it is real value for money. I personally think that L'Agulhas can expand to offer especially the Muslim tourist from countries like Saudi Arabia, Yemen and the Arab Emirate more Halaal eatery options as food is an important aspect of tourism. Our preferred getaway has always been Knysna and surrounds, but L'Agulhas is definitely a favourite for us now."
"Ek het 50 jaar gelede daar grootgeword. Skoon, rustige en veilige plattelandse dorp."