Resensies van Western Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.57 uit 5 gekry volgens 37425 resensies.
Jan H. - 12th December 2017
staying in De Waterkant, Wes-Kaap
Raserig.
Hansie A. - 12th December 2017
staying in Beaufort-Wes, Wes-Kaap
Bly maar 'n pragtige dorp.
Albert V. - 12th December 2017
staying in Moorreesburg, Wes-Kaap
Nieuwedrift wynplaas se restaurant is 'n briljante idea vir die area. Probeer hulle pizza en die gasvrou Carla is baie vriendelik.
Adele G. - 12th December 2017
staying in Noordhoek, Wes-Kaap
Gerieflike ligging om die Kaap te verken.
Ella P. - 12th December 2017
staying in Brandwacht, Wes-Kaap
Ons het gehou van die feit dat ons op die aangrensende wingerde en weiende beeste kon uitkyk en die rustigheid van die omgewing was heerlik. Tog is die buurt nie baie gunstig tov die sentrale dorpskern geleë nie, en alhoewel dit nie ver daarvandaan is nie, was dit nie die ideaal nie.
Chanel S. - 12th December 2017
staying in Saldanha, Wes-Kaap
Die area was nie baie veilig nie. Ons het 'n insident gehad op die strand toe my ma en dogtertjie gaan stap het en die volgende oomblik was daar 2 mans om hulle wat nader aan hulle gestap het en gelyk het of hulle iets wou doen. Gelukkig was my man net agter hulle en toe hy vir hulle skree, toe hardloop die mans weg.
Lidia V. - 12th December 2017
staying in Paarl, Wes-Kaap
Pragtige omgewing met baie om te doen en kyk.
Mandy S. - 12th December 2017
staying in Citrusdal, Wes-Kaap
Not much happening in the town itself. Visit Hebron. It's only open on selected days, but the food is divine. For dinner, bookings are essential.
Louis J J. - 12th December 2017
staying in Oudtshoorn, Wes-Kaap
Behalwe vir die grotte, nie veel om te doen nie.
Johanna V. - 11th December 2017
staying in Lambertsbaai, Wes-Kaap
It was a lovely, quite little town, enough beaches, restaurants and enough to do in the 4 days we were there.
Johan V. - 11th December 2017
staying in Hermanus, Wes-Kaap
Baie netjiese skoon dorp met vriendelike mense.
Gw V. - 11th December 2017
staying in Jongensfontein, Wes-Kaap
Mooi dorpie met vriendelik mense!
Coenie D. - 11th December 2017
staying in Cola Beach, Wes-Kaap
The beach was amazing. Very clean and accessible with a great restaurant close by.
Hennie B. - 11th December 2017
staying in Rawsonville, Wes-Kaap
Dis kleiner as wat ons gedink het. Daar is skynbaar nie 'n apteek nie. Worcester is egter naby genoeg as jy regtig iets soek wat nie beskikbaar is nie. Die mense was oral waar ons gekom het baie vriendelik.
Emile K. - 11th December 2017
staying in Rosebank, Wes-Kaap
Die strate is baie nou en beknop. Kan nie al die verkeer met spitstyd hanteer nie.
Lynn T. - 11th December 2017
staying in Britannica Heights, Wes-Kaap
Misdaadvrye gebied met baie gawe en behulpsame mense. Die uitsig vanaf die koppie oor die see en hawe is iets besonders.
Lavinia B. - 11th December 2017
staying in Strand, Wes-Kaap
Just the wind that is bad. Other than that tops.
Jan H. - 11th December 2017
staying in Groenpunt, Wes-Kaap
Moenie by Belugas gaan eet nie, swak swak diens.
Johan V. - 11th December 2017
staying in Beaufort-Wes, Wes-Kaap
Vir die natuurliefhebber sal hierdie 'n paradys wees. Vir ons was dit selfs nou in die droogte pragtig. Die stilte, sterre en naggeluide was net wat ons gesoek het.
Richard A. - 11th December 2017
staying in Groot-Brakrivier, Wes-Kaap
Vat gerus n visstok saam. Sentraal geleë as jy tussen George en Mosselbaai wil toer.
Bianca L. - 11th December 2017
staying in Arniston, Wes-Kaap
Beste strand!
Andreas S. - 11th December 2017
staying in Boston, Wes-Kaap
Met 'n bietjie aandag en moeite kan dit in 'n lieflike plek omskep word.
Madelein L. - 11th December 2017
staying in Pinnacle Point, Wes-Kaap
Mooi plek.
Sjaska H. - 11th December 2017
staying in Mosselbaai, Wes-Kaap
Pragtige kusdorp met pragtige strande 'n klipgooi van mekaar af.
Diana V. - 11th December 2017
staying in Sand Bay, Wes-Kaap
Die area voel baie veilig en dit is heerlik om langs die see te stap.
Ena V. - 11th December 2017
staying in Bay View, Wes-Kaap
Pragtige omgewing!
Chantal S. - 11th December 2017
staying in Montagu, Wes-Kaap
Baie mooi en groen.
Hannes O. - 11th December 2017
staying in Sedgefield, Wes-Kaap
Wonderlike dorpie.
Thelma V. - 11th December 2017
staying in Stellenbosch, Wes-Kaap
Lieflike plek.
Minki S. - 11th December 2017
staying in Hartenbos, Wes-Kaap
Hartenbos is die beste en skoonste vakansiebestemming.
Eben B. - 11th December 2017
staying in Greyton, Wes-Kaap
Plek van goud.
Jacques D. - 11th December 2017
staying in Greyton, Wes-Kaap
If I can choose only one word to describe Greyton it would be magical!
Alicia H. - 11th December 2017
staying in McGregor, Wes-Kaap
McGregor is 'n baie oulike dorpie! Dit is bietjie afgeleë van die omliggende dorpies wat beteken daar is minder mense en dis heerlik stil en rustig. Tog, is dit net 10 km van Robertson af so jy kan maklik vir 'n dag uit ry na enige van die wynplase. Daar is 'n wonderlike dag spa in die dorp wat 'n fantastiese massering bied!
Lauren C. - 11th December 2017
staying in Swellendam, Wes-Kaap
Peaceful and quiet, thoroughly enjoyed our stay in Swellendam.
Jeanette P. - 11th December 2017
staying in Saldanhabaai Munisipaliteit, Wes-Kaap
Lekker vakansiebestemming.
Amanda V. - 11th December 2017
staying in Stilbaai-Wes, Wes-Kaap
Pragtige plek.
Beatrice D. - 11th December 2017
staying in Beaufort-Wes, Wes-Kaap
Kon ons verluister aan die mense se manier van praat terwyl ons kos gaan koop het. Het lekker gelag vir hulle sêgoed.
Jenna B. - 11th December 2017
staying in McGregor, Wes-Kaap
Die enigste probleem was dat daar geen selfoonontvangs was nie.
Henriëtte L. - 11th December 2017
staying in Riebeek-Wes, Wes-Kaap
Die Riebeke word nie verniet die trou-vallei genoem nie!
Marike V. - 10th December 2017
staying in Die Boord, Wes-Kaap
Mooi, skoon en veilige woonbuurt.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]