Resensies van Western Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.58 uit 5 gekry volgens 39877 resensies.
. - 5th January 2017
staying in Beaufort-Wes, Wes-Kaap
Vriendelike mense. 'n Rustige oornagomgewing.
. - 5th January 2017
staying in Nature's Valley, Wes-Kaap
"Nature's Valley" is presies wat die naam vir jou sê: beeldskone natuur wat weggesteek is van al die stadsgeraas. Die see, lagoon, wandelpaaie, kanovaart, visvang, natuurskoon met asemrowende uitsigte, als is daar. Dit is vêr genoeg vanaf al die 'har-war' van die besige dorpe, maar naby genoeg om gou dorp toe te ry indien mens iets benodig. Daar is 'n winkeltjie en restaurant met die mees basiese benodighede op die dorpie self, asook ander eet en kuier plekkies in die nabyheid. Hierdie is beslis nie die plek vir die persoon wat van die stadslewe, winkelsentrums en kuierplekke hou nie, dit is presies die teenoorgestelde: natuurskoon, rustigheid, familietyd, rustyd ... hier kan 'n mens die Skepper se handewerk beleef.
. - 5th January 2017
staying in Gordonsbaai, Wes-Kaap
Wat Gordonsbaai ook baie aantreklik maak is die feit dat hy baie sentraal geleë is van 'n verskeidenheid bestemmings.
. - 5th January 2017
staying in Kampsbaai, Wes-Kaap
Prima!
. - 5th January 2017
staying in Clanwilliam, Wes-Kaap
Die Cederberge is ongelooflik mooi en sal graag meer tyd daar wil bestee.
. - 5th January 2017
staying in Velddrif, Wes-Kaap
Velddrif het pragtige strande en al die klein, versteekte eet- en kuierplekkies gee die dorpie baie karakter.
. - 5th January 2017
staying in Montagu, Wes-Kaap
Daar is nie woorde om die dorpies te beskryf nie. Dit is net 'n wêreld op sy eie. Sal enige tyd weer gaan.
. - 5th January 2017
staying in Nature's Valley, Wes-Kaap
Fabulous quiet area with excellent beaches and plenty to do.
. - 5th January 2017
staying in Gansbaai, Wes-Kaap
Alhoewel Gansbaai nie self 'n swemstrand het nie, was dit vir ons heerlik om die omliggende strande te verken: Stanfordbaai (met 'n grasperk as 'n strand!), Kleinbaai, Franskraal, Pearly Beach, Hermanus, Danger Point, ens. Gansbaai is ongetwyfeld die haaihokduik-Mekka van Suid-Afrika (ongelukkig net baie duur vir plaaslikes - tussen R1450 en R1800 per persoon!) en die rehabilitasiesentrum vir pikkewyne is definitief 'n besoek werd. Ons was gelukkig om te kon beleef hoe 10 pikkewyne weer in die oseaan vrygelaat is! Ongelukkig is 'n besoek aan Dyer-eiland ons nie beskore gewees nie aangesien die pryse vir 'n bootrit daarheen begin by R1000 per persoon. Daar is egter genoeg winkels op die dorp om alle benodighede aan te skaf. Ons beveel baie graag die 'The Great White House'-restaurant in Kleinbaai vir 'n onvergeetlike ete aan! Ons sal Gansbaai en sy mense onthou vir hulle ongelooflike hartlikheid en vriendelikheid en hoop om weer in die toekoms daar te kan vakansie hou.
. - 5th January 2017
staying in Klapmuts, Wes-Kaap
Vir iemand wat rustigheid, weg van die stad se gewoel en 'n plaasatmosfeer soek, is dit die ideale plekkie.
. - 5th January 2017
staying in Oudtshoorn, Wes-Kaap
Baie interessante dorp met gawe mense. Net baie warm.
. - 5th January 2017
staying in Simonstad, Wes-Kaap
Positief: Baie verskillende, interessante vatbiere by restaurante beskikbaar. Mense is uiters vriendelik. Dié dorp bied 'n groot verskeidenheid aantreklikhede. Die dorp is grootliks dierevriendelik, insluitende die strande. Kennisgewings by die meeste winkels dui aan of honde welkom is. Negatief: Te veel verkeer, baie parkeerplek, maar min parkering oop. Die paaie is redelik in 'n slegte kondisie op party plekke en baie ongemaklik.
. - 5th January 2017
staying in Bloubergstrand, Wes-Kaap
Bloubergstrand is 'n baie aangename area met goeie restaurante, aktiwiteite, winkels en strande. Oor Desembertyd was dit steeds besonders stil en lekker.
. - 5th January 2017
staying in Durbanville, Wes-Kaap
Durbanville is 'n goeie area om in te bly en voel ook veiliger as ander. Die area self is ook baie mooi en dis lekker sentraal geleë.
. - 5th January 2017
staying in Beaufort-Wes, Wes-Kaap
Heerlik by Four Sheep geëet!
. - 5th January 2017
staying in Voorbaai, Wes-Kaap
Perfect vacation destination.
. - 5th January 2017
staying in Beaufort-Wes, Wes-Kaap
Ons het by Granaat ontbyt geëet en dit was heerlik en baie interessant.
. - 5th January 2017
staying in Prins Albert, Wes-Kaap
Ons het 'n 'ghost tour' gehad en baie lekker in die Hotel geëet. Ons was net daar vir een aand, maar ons wil volgende keer langer in die dorpie bly.
. - 5th January 2017
staying in Oudtshoorn, Wes-Kaap
Daar is baie trekpleisters vir toeriste en baie restaurante in die omgewing.
. - 5th January 2017
staying in George, Wes-Kaap
Pragtige dorp met goeie fasiliteite. Naby genoeg aan die strande, maar weg van die gewoel.
. - 5th January 2017
staying in Paternoster, Wes-Kaap
Paternoster is the ultimate West Coast destination.
. - 5th January 2017
staying in Riebeek-Wes, Wes-Kaap
Riebeek West is a beautiful little town. The area is peaceful, safe and we had such a lovely stay there. Would also highly recommend having dinner at Old Dalby Restaurant. We had a wonderful dinner in the garden with food made to perfection. We can't wait to stay in Riebeek West again.
. - 5th January 2017
staying in Reebok, Wes-Kaap
Baie rustige kusdorp. Dit is ideaal vir die wat wil wegkom van die lawaai en dit is naby genoeg aan groter dorpe indien jy vakansiepret soek.
. - 5th January 2017
staying in Elandsbaai, Wes-Kaap
Baie stil en mooi strand wat ons kan aanbeveel. Nie baie besighede nie, maar vir ons is dit voldoende.
. - 5th January 2017
staying in Knysna, Wes-Kaap
Knysna is beslis 'n plek wat besoek moet word. Daar is geweldig baie om te sien en te doen.
. - 5th January 2017
staying in Laingsburg, Wes-Kaap
Heerlike skaapafval by die Country Hotel!
. - 5th January 2017
staying in Clanwilliam, Wes-Kaap
Van die plekke wat ons besoek het wat ek kan aanbeveel is: Wupperthal, Leipoldt se graf, die tronkmuseum, Die Rooibostee Huis, Venterklip Farm Pub, Elandsbaai (rotstekeninge), Lambertsbaai en Nancy's Tea Room. Van die plekke is nie duidelik aangedui nie, so maak seker dat jy eers uitvind voordat jy ry. Hierdie plekke sluit Heerenlogement en Bodam, asook die Anglo-Boereoorlog Grotte en Elandsbaai se se rotstekeninge in.
. - 5th January 2017
staying in Danabaai, Wes-Kaap
Ons verstaan daar is nie 'n swemstrand - dis jammer.
. - 5th January 2017
staying in Bonnievale, Wes-Kaap
Baie mooi dorpie!
. - 5th January 2017
staying in Piketberg, Wes-Kaap
Plekke wat ons besoek het gedurende ons verblyf en wat ek kan aanbeveel is Riebeeck-Kasteel, Tulbagh en Alles Verloren-wynplaas.
. - 5th January 2017
staying in Durbanville, Wes-Kaap
Sentraal, naby die N1 en winkelsentrums.
. - 4th January 2017
staying in Sentraal Mosselbaai, Wes-Kaap
Dit is die perfekte plek om te wees - al die ander plekke rondom is goed geleë.
. - 4th January 2017
staying in Blouwaterbaai, Wes-Kaap
Baie still en netjiese dorp. Die strand is pragtig en skoon. Het die lekkerste in dié see geswem.
. - 4th January 2017
staying in Prins Albert, Wes-Kaap
Pragtige en rustige dorpie.
. - 4th January 2017
staying in Prins Albert, Wes-Kaap
Pragtige ou historiese en skoon dorpie. Veral aan die onderkant waar huise uit 1850 dateer. Die mense is ook almal vriendelik.
. - 4th January 2017
staying in Riebeek-Kasteel, Wes-Kaap
Riebeek-Kasteel is reeds een van my gunstelingbestemmings in die Wes-Kaap. Ek is bly ek het besluit om dit met familie van Gauteng te deel.
. - 4th January 2017
staying in Beaufort-Wes, Wes-Kaap
Net baie warm!
. - 4th January 2017
staying in Greyton, Wes-Kaap
'n Wonderlike dorpie om van die res van die wêreld te vergeet.
. - 4th January 2017
staying in Stilbaai, Wes-Kaap
Fantasties.
. - 4th January 2017
staying in Beaufort-Wes, Wes-Kaap
Dit is 'n baie warm plek.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]