Geverifieerde Resensie
Cape Winelands
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Winelands bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3690 resensies.
"Rustige dorpie met verskeie restaurante om van te kies. Daar is lekker doendinge in die omgewing."
"Parkering is altyd 'n probleem in Stellenbosch, en die algemene veiligheid is nie meer so goed soos 'n jaar of wat gelede nie."
"Ligging is perfek vir daguitstappies. Genoeg besienswaardighede en wynplase."
"Vat jou eie vleis saam, die tjops wat ons by Spar gekoop het was loshande die taaiste wat ons ooit geëet het. Die T-been die volgende dag was nie veel beter nie."
"Goed geleë naby Stellenbosch, behalwe as jy eerder nader aan die student-aktiwiteite en studente-dorp wil wees."
"Besienswaardighede word nie duidelik genoeg geadverteer nie. Winkels nie geredelik beskikbaar nie. Parkeerplekke in strate baie nou en leivore is 'n veiligheidsrisiko."
Stellenbosch Sentraal, Kaapse Wynlande
Vilaroux"Stellenbosch is 'n ongelooflike skoon en netjiese dorp en het 'n fantastiese warm en gemoedelike atmosfeer met al sy kuierplekkies en koffiewinkels met tafels buite. Cater 100% vir toerisme en baie lekker plek om te kuier, was ideaal vir die Woordfees. Sal Stellenbosch vir seker weer besoek. "
"Ons sal graag weer Ceres toe wil gaan, maar meer tyd spandeer om die omgewing te verken."