Geverifieerde Resensie
Escape From Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 16103 resensies.
Bredasdorp, Ontsnap Uit Kaapstad
Haus Barbara Guest House"'n Tipiese, plattelandse dorp. Die rustigheid en die hulpvaardigheid van mense het my opnuut aangegryp. Mense het regtig nog tyd vir 'n mens."
"Oulike antieke winkels. Nog sulke plekke sou lekker gewees het. Greyton ook naby genoeg."
Yzerfontein, Ontsnap Uit Kaapstad
Swept Away Guesthouse"Ons is mal oor Yzerfontein. Dit is 'n stukkie paradys net 'n uur vanaf Kaapstad. Dit is nog nie gekommersialiseer met baie winkels en restaurante nie. 'n Plek om net te rus en te ontspan! "
Hermanus, Ontsnap Uit Kaapstad
Brown Jug Accommodation"Ideale vakansiebestemming, uitstekende restaurante en baie mooi seefront."
"Ek gaan telkemale terug na Montagu omdat ek elke keer so lekker daar kuier."
Kleinmond, Ontsnap Uit Kaapstad
Berg en See"Dit was die eerste keer dat ons in Kleinmond vakansie gehou het. Ons hou van rustiger plekke, maar tog was dit lekker want al die nodige winkels was daar om proviand te koop - en boonop goeie gehalte goed. Ons het niks gemis nie."
Struisbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
At Patat Cottage"Struisbaai lê my na aan die hart. Ons het altyd Desembervakansies in Struisbaai/Agulhas deurgebring."
"Pragtige dorpie met 'n ongelooflike mooi strand. Ideaal vir hengelaars. 'n Lekker restaurant. Winkels op die dorpie hou egter net die basiese benodighede aan."
Jacobsbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Sandkorrel"Baie mooi rustige plekkie. Geen smouse of boemelaars wat mens pla nie. Kindervriendelike baai. Sal definitief weer daar gaan bly."
Citrusdal, Ontsnap Uit Kaapstad
Marcuskraal Campsite"Baie mooi en skoon dorpie en die mense is almal vriendelik en behulpsaam. Padstalletjies word ook 100% aanbeveel."
"Stunning holiday destination. Well worth a visit. Excellent wines and cheese and olives."
Clanwilliam, Ontsnap Uit Kaapstad
Citrus-Inn Unit 1"Dit is 'n baie interessante dorp met 'n interessante geskiedenis en baie plekke om te besoek. Dit lê ook sentraal ten opsigte van baie ander plekke waar mens kan gaan "kuier"."
Jacobsbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Abalone Guest House"Baie spesiaal, geniet die ongerepte dorpie wat nie kommersieel is nie!"
Vredenburg, Ontsnap Uit Kaapstad
Juffroushoogte Guest Farm"Dit is 'n oulike plek, maar sal volgende keer nader aan die see wil wees."
Langebaan, Ontsnap Uit Kaapstad
Accommodation Unwind"It was however quite cool in the evening, but otherwise, enough shops available and more than one could think to see in and around Langebaan."
Sand Bay, Ontsnap Uit Kaapstad
Pashasha Beach House"Paar minute se ry na Grotto en Voëlklip, asook Hermanus self."
"Lieflike omgewing met baie plekke om te besoek geleë in 'n radius van 30-50 km. Rêrig 'n lieflike bestemming."
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Strandlopertjie"Geniet alles! Gaan Tietiesbaai toe, eet by Voorstrand en Spoon Square ... alles ongelooflik! Besoek Darling en Riebeek-Kasteel. Paternoster bied sielsrus."
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Strandlopertjie"Het Paternoster reeds as 'n heerlike toeristebestemming by vriende aanbeveel. "
Clanwilliam, Ontsnap Uit Kaapstad
Citrus-Inn Unit 1"Die dorp self sorg ietwat vir 'n mate van aantreklikheid; ons het die tuine besoek langs die dam in die blommetyd; asook die ou kerke is iets om te sien as mens hou van geskiedenis."