Verified Reviews
Garden Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Garden Route
Rated 4.7 out of 5 based on 9360 reviews.
"Baie rustige plek met vriendelike mense. Wat my opval is die skoonheid van die strand."
"Dit is uit en uit die moeite werd om die area te besoek en die area rondom te besoek. Die pond & Infanta... Wow! Ons beplan 'n Desembervakansie op die pond - dit is 'n moet! Al wat sleg is, is die grondpad tot by die pond."
"Vermaaklikheid is n klein dorpie, beveel aan om maar soveel as moontlik saam te neem, want daar is slegs een klein huiswinkeltjie. Baie vriendelike gemeenskap, maar nie baie aktiwiteite nie. Stilbaai en Jongensfontein is slegs om die draai as jy die grondpad see toe volg. Daar is winkels en ook ander aktiwiteite. Vermaaklikheid is 'n perfekte wegbreekplek sonder enige steurnisse."
"Baie lekker rustige plekkie as jy wil ontsnap van die besige stadslewe, natuurlik buite seisoen."
"Die Beans & Basil winkel in Heroldsbaai is goed toegerus en die personeel vriendelik. Ek kan definitief die kerriemaalvleisvetkoeke en Hawaiian-pizza aanbeveel. Dutton's Cove restaurant in Heroldsbaai het pragtige uitsigte en heerlike kos. Die kaggel binne skep 'n gesellige atmosfeer. Ek kan definitief die waatlemoenmelkskommel, calamari en pavlova (lekkerste wat ek nog ooit gehad het) aanbeveel."
"'n Pragtige plekkie. Ondanks die feit dat die dorp groot en uitgebreid is, het jy in die onderdorp geen las daarvan nie. Wel goed om te weet dat jy vir groot inkopies doen in George moet wees."
"Relaxing: the life, the place ,the choice. Very suitable for what we needed and more. Loved it."
"Fantastiese dorpie. Net jammer daar is heelwat bouwerk aan die gang. Lieflike see en strand. "
Great Brak River, Garden Route
Dwarswegstrandoord"Very lovely town with all the conveniences and charm."
"'n Fantastiese vriendelike dorp, warm vriendelike mense, baie interessante toere en besienswaardighede en netjies. Beslis 'n dorp om op 'n toerkalender in te pas."
"Ons as gesin het Hartenbos baie geniet en die pretpark was baie lekker. Ondanks die weer kon ons die warmwaterswembad aandurf en dit was die moeite werd. Ons sal weer die park kom beleef."