Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11422 reviews.
"Die mooi, ou dorpie is tans gehawend en die vuil strate en besoedelde riviertjie is hartseer om te sien. Daar was egter onverwagse lekker eetplekke."
"Ek is baie lief vir die deel van SA want ek dink dit is 'beauty with a touch of sadness'. Mense and diere wat aangaan ongeag van die droogte, en die mooiheid moet jy vind, dit val jou nie maklik aan soos by die Tuinroete of sulke plekke nie. En as jy dit wel vind, dan is dit soos 'n stukkie 'treasure'. "
"Binne bereik van verskeie besienswaardighede in en om die dorp. Twee groot damme naby, wildplase ens. en sonder die samedromming van toeriste."
"Hopetown is very small, but a perfect halfway house between Jhb and Cape Town."
"Lieflike dorpie, baie geskiedenis en vriendelike mense. Voel baie veilig en tuis daar!"
"Ryk geskiedenis. Sal volgende keer meer tyd daar spandeer."
"Baie lekker om hier te kuier, maar met klein kinders raai ek aan maksimum 'n naweek."
"Ons ete by die Plattelander was asemrowend. Eienaar en personeel vriendelik en die kos van bostaande gehalte hulle sien my beslis weer."
"Graaff-Reinet is 'n baie spesiale plek, daar is ongelooflike natuurskoon en oulike winkels, dis veilig en skoon en vriendelik."
"Colesberg was die klein dorpie waarby ons verby gejaag het op pad Kaap toe. Sal nie sommer weer daar verby jaag nie. Ongelooflike dorpie met vriendelike, gasvrye kuierplekke. Heerlike ontspanne atmosfeer met heerlike Karoo lam teen redelike pryse. Ietsie vir almal op die spyskaarte."
"Baie mooi dorpie met vriendelike mense en interessante plekkies om te besoek."
"Was aangenaam verras oor hoe mooi die dam en omgewing is, beslis een van die plekke wat ek weer sal wil besoek en beslis sal aanbeveel."
"Unusual, interesting attractions, art-wise and culture-wise. Warm receptions by all we met."
"Die padtekens op pad na Waterford benodig dringend aandag! Meer toeriste wat van die hoofpaaie wil afdwaal, sal dan besoeke bring aan die pragtige omgewing! "
"Ons doen elke jaar 'n padvat van 5 000 km op die langpad deur die Kaap se vlaktes en bly ongeveer op nege plekke. Het al ontdek dat die klein, amper vergete dorpies die plekkies word wat ons nooit vergeet. Williston is een hiervan wat verras met sy mense, skoon strate, pragtige kerk en vetplant doolhof. Dis hier wat jy moet stop."