Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11336 resensies.
"'n Karoojuweel! 'n Gasvrye dorp wat is wat hy is, onopgesmuk en hartlik. Die Uilehuis 'n diep-dink en weer-dinkplek, maar verseker nie die enigste besienswaardigheid nie. "
"Die dam is tans baie leeg maar die natuurskoon was ongelooflik. Daar is 'n oulike restaurant vir etes met baie goeie diens en die damwal is in goeie kondisie. Baie lekker plek vir foto's neem."
"Vir die grootte van Prins Albert is daar so baie om te sien en te doen, Van Gay se kaas tot die beste museum in Suid Afrika."
"Vir my persoonlik: halfpad vanaf Mpumalanga na Knysna. Sal weer as geleentheid voordoen op Middelburg oornag ."
"Hanover is goed geleë vir 'n reisiger vanaf Gauteng. Dit 'n ideale oornag stop van Gauteng na Kaap."
"Dit spring nie uit as hoof aantreklikheid nie, maar spring verseker uit as 'n besonderse dorpie met 'n energie en 'n stilte wat betower."
"Dis 'n ongelooflike 'mega structure'', wat mens ten minste een keer moet sien."
"Vir die natuurliefhebber sal hierdie 'n paradys wees. Vir ons was dit selfs nou in die droogte pragtig. Die stilte, sterre en naggeluide was net wat ons gesoek het."
"Kon ons verluister aan die mense se manier van praat terwyl ons kos gaan koop het. Het lekker gelag vir hulle sêgoed."
"Lieflike dorpie. Vriendelike mense. Het verskeie gastehuise en selfsorgeenhede al gebruik en almal was goed. "
"Beaufort-Wes is een van die dorpe wat jy net deur ry. Jy kan nie oor die straat stap sonder dat 3 mense jou kom vra vir geld of kos nie. "
"Gorgeous and charming little town. Loved the architecture and the friendly people. "
"Party huisies word sleg verwaarloos. Maar gaan seker by elke klein dorpie so. "