Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11336 resensies.
"Dis teerpad tot en met die grondpad is so 5 km na die dorpie. Dis nie meer 'n grondpad en rof vol klippe weens geen instandhouding . Dus as jy nie 'n SUV het nie, neem dit maar stadig oor die klippe. Maak vol met brandstof en neem die nodige. Geen banke of petrolstasie in die dorpie nie. "
"Het geensins rondgery nie. Het die aand lekker by Essence geëet. Mooi skoon."
"Dierbare Karoodorpie. Kapoet koffiehuis bedien die heerlikste koffie en koek. "
"Wat 'n verrassing. Ek het nog altyd net daardeur gery, maar nog nooit daar oorgebly nie. Pragtige plekkie!"
"Niks oop winkels op Sondae nie. Het gesukkel om eetgoed te kry op 'n Sondagmiddag en moes al die pad terug ry Colesberg toe."
"Ek het net in Victoria-Wes oorgeslaap op pad na 'n funksie van my seun in Potchefstroom en dus nie aandag gegee aan toeriste besienswaardighede nie. Ek het wel baie vriendelike gratis hulp gekry vanaf die Ford garage toe ek vermoed dat daar dalk iets fout met my motor was, waaroor ek baie dankbaar was!"
"Other accommodation rather unnecessarily expensive. Fransie Pienaar Museum and Gay's Guernsy Dairy excellent. Greatly anticipating the opening of Swartberg Pass."
"Persone kan gerus hul vakansie so beplan om meer as een nag /dag daar te spandeer. Daar is baie plekke vir die toeriste om te verken. Sal weer na Philippolis reis."
"Daar is so baie om te sien en doen. Ons het die Karoo Wildreservaat besoek, Chris Barnard se huis en sy pa se kerk, die township se kerkies, die Arts en Science sentrum en die sentrum vir gestremdes. Die weer was aangenaam. Mens kan ook met 'n donkie kar op toer gaan. Ons het nou nie daarby uitgekom nie."
"Hoogs aanbeveel. Lekker wegbreek van al die gevoel van die stad. Ons het 'n besoek gereel gekry in die damval - hoogs aan te beveel!"
"My familie bly daar, maar het geen begeerte om daar te bly nie. Baie lekker in die suidpunt van Afrika."
"Colesberg is 'n rustige dorpie, met pragtige ou huise. Net bitter koud in die winter."
"Willowmore is 'n gasvrye dorpie wat jou verras met die verskeidenheid heerlike winkeltjies en restaurante om by in te loer."
"Mooi geskiedkundige dorp. Rustige atmosfeer. Mooi groot kerk met pragtige orrel. Ek het gehoop om 'n orreluitvoering te hoor. Goeie eetplekke. Alles was die moeite werd. Dankbaar."
"Beaufort-Wes is 'n baie besige dorp maar rondom is daar 'n paar pragtige wildsplase wat heerlik is om by te kuier. Karoo stilte op sy beste!"
"Dis nie net 'n dorp om deur te ry nie, daar was soveel om te sien in die dorp self en natuurlik die vallei van verlatenheid. 'n Hoogtepunt was om in die kerk 'n toer te kon doen, wat baie interessante feite gehad het. Gaaff-Reinet en omgewing het ons aangenaam veras!"
"Colesberg is geleë in die pragtige Karoo met vriendelike en besondere mense. Dis 'n interessante plek met baie toerisme-bates, maar sal beslis aan sy voorkoms (bv.talle vervalle geboue en netheid van die strate), moet aandag skenk sodat die dorp weer tot sy vroeëre status herbou kan word! Die toestand van sommige strate verdien ook dringend aandag."
"Colesberg is ideaal geleë byna halfpad tussen Kaapstad en Johannesburg; dit maak dit dus 'n ideale toeristebestemming en veral oornagplek. Dis 'n interessante dorp met sy bekende plattelandse gasvryheid en interessante mense! Die dorpsraad sal egter die talle vervalle geboue in veral die hoofstraat moet opknap/stroop, aangesien dit die voorkoms van die dorp ernstig benadeel. Vullisverwydering is vervolgens 'n besliste probleem. Met intensiewe aandag behoort Colesberg beslis 'n skoner en nog meer uitnodigende dorp te wees."