Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11336 resensies.
"Pragtige dorp. Ons het vir die eerste keer in jare die Vallei van Verlatenheid uitkykpunt besoek - altyd die moeite werd."
"Nie alle toeriste stel belang in ou geboue en kerke nie. Ek weet nie of daar juis iets anders is wat dit 'n toeristebestemming sal maak nie."
"Die dorp het so baie om te doen! Ek het my hare laat sny, park run gedoen, Saterdag 'n markie bygewoon, plaaslike fliek bygewoon en liplekker pannekoek geëet! Almal is so vriendelik in die dorp! Prins Albert het vinnig in my hart gekruip."
"Gemaklike oornagplek as mens vêr moet reis. Nie rerig 'n toeristebestemming nie, maar gerieflik geleë, amper halfpad na enige bestemming."
"Gariep is so 'n middelpunt om oor te slaap. Meer info oor die dam oorsprong, bou ens. sou handig gewees het."
"Horse and Mill is a great pub with super food! Innikraal is a great restaurant with a more modern feel and outside area."
"Die vierde oudste dorp met baie geskiednis binne die grense en omliggende area. Dorp binne in 'n wildspark geleë met diere sigbaar vanaf paaie in en uit die dorp."
"Dit is n tipiese Karoodorpie met heelwat ou gerestoureerde huise direk op die straat wat vir ons baie mooi was. Ons het 'n draai deur die dorpie gery en dit lyk netjie. Daar is 'n paar eetplekke en ook is daar winkels vir kosaankope."