Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11392 reviews.
"Dis interessant en beslis weg van alles en almal maar terselfdertyd is daar alles tot jou beskikking wat jy nodig het. lekker om iets anders te sien en te beleef!"
"Besooek gerus museums, die Kamdeboo Nasionale Park en Vallei van Verlatenheid - dis 'n moet."
"Sal net langer wil bly om al die winkels en galerye te besigtig, want hulle was almal klaar toe, toe ons daar aankom op 'n Saterdagmiddag en bitter min was oop op die Sondagoggend. "
"Baie interessante besienswaardighede, 'n dorpie wat ryk is aan geskiedkundige besienswaardighede."
"Dis teerpad tot en met die grondpad is so 5 km na die dorpie. Dis nie meer 'n grondpad en rof vol klippe weens geen instandhouding . Dus as jy nie 'n SUV het nie, neem dit maar stadig oor die klippe. Maak vol met brandstof en neem die nodige. Geen banke of petrolstasie in die dorpie nie. "
"Het geensins rondgery nie. Het die aand lekker by Essence geëet. Mooi skoon."
"Dierbare Karoodorpie. Kapoet koffiehuis bedien die heerlikste koffie en koek. "
"Wat 'n verrassing. Ek het nog altyd net daardeur gery, maar nog nooit daar oorgebly nie. Pragtige plekkie!"
"Niks oop winkels op Sondae nie. Het gesukkel om eetgoed te kry op 'n Sondagmiddag en moes al die pad terug ry Colesberg toe."
"Ek het net in Victoria-Wes oorgeslaap op pad na 'n funksie van my seun in Potchefstroom en dus nie aandag gegee aan toeriste besienswaardighede nie. Ek het wel baie vriendelike gratis hulp gekry vanaf die Ford garage toe ek vermoed dat daar dalk iets fout met my motor was, waaroor ek baie dankbaar was!"
"Other accommodation rather unnecessarily expensive. Fransie Pienaar Museum and Gay's Guernsy Dairy excellent. Greatly anticipating the opening of Swartberg Pass."
"Persone kan gerus hul vakansie so beplan om meer as een nag /dag daar te spandeer. Daar is baie plekke vir die toeriste om te verken. Sal weer na Philippolis reis."
"Daar is so baie om te sien en doen. Ons het die Karoo Wildreservaat besoek, Chris Barnard se huis en sy pa se kerk, die township se kerkies, die Arts en Science sentrum en die sentrum vir gestremdes. Die weer was aangenaam. Mens kan ook met 'n donkie kar op toer gaan. Ons het nou nie daarby uitgekom nie."
"Hoogs aanbeveel. Lekker wegbreek van al die gevoel van die stad. Ons het 'n besoek gereel gekry in die damval - hoogs aan te beveel!"
"My familie bly daar, maar het geen begeerte om daar te bly nie. Baie lekker in die suidpunt van Afrika."
"Colesberg is 'n rustige dorpie, met pragtige ou huise. Net bitter koud in die winter."
"Verras om so skoon dorp te sien. Gaan meer tyd in dié dorp spandeer. Karoovleis 'n absolute wenner."
"Willowmore is 'n gasvrye dorpie wat jou verras met die verskeidenheid heerlike winkeltjies en restaurante om by in te loer."