Verified Reviews
KwaZulu-Natal
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in KwaZulu-Natal
Rated 4.4 out of 5 based on 6885 reviews.
"Dit sal lekker wees as Margate se swembad reg was om in te swem. Margate se akwarium was ook buite werking. Om Margate 'n beter toeristebestemming te maak, stel ek voor hulle kyk daarna. Ons wil in die water speel, vissies sien ens. Hulle moet die plek weer 'n bietjie opkikker."
"Ek was verbaas oor Kokstad - oral waar ons beweeg het was dit netjies en daar is moderne winkels en geriewe. Ek sal beslis weer die plek besoek."
"Dit is net 'n bietjie ver van groter dorpe af en het ook nie 'n strand naby nie. Jy het beslis vervoer nodig indien jy sou invlieg vanaf die binneland. Jy moet ry na alles toe."
"Die pragtige Blouvlagstrand kry nie te veel besoekers nie, die see is gewoonlik nie koud en ontstuimig nie. Met laaggety is dit redelik veilig om in die getypoel te swem. Ons is nie bewus van enige misdaad op die strand nie. "
"Dit is heerlik stil en rustig. Ons 6-jarige tweeling het die strand vreeslik geniet. "
"Die naaste winkels is in Port Edward (ongeveer 5 - 10 km weg) maar dit is nie 'n probleem as jy goed beplan nie. Die omgewing is baie veilig en daar heers 'n baie lekker vakansie atmosfeer met gesinne wat strand toe loop en lekker kuier met verbygangers. Die strande is baie skoon en veilig en word baie mooi versorg."
Pongolapoort Dam, KwaZulu-Natal
Kastelein"Kan oorweeg word as deel van 'n toer program na die Noorde van Natal."
"I really enjoyed the wine shop just next to Riverside Manor with their different kind of cheese and divine smell of coffee. The Ugly Duckling shop had so much to to offer that I couldn't decide what to buy. It is the best place to visit."
"Die omgewing self is pragtig, maar die dorpie laat veel na wens oor. Dit voel soos 'n derderangse dorp en het ons baie aan Zanzibar laat dink."
St Lucia Estuary, KwaZulu-Natal
Tree Top Village @ Urban Glamping"St. Lucia is not a place to visit for more than a day, except if you have a boat. The sea is a bit far from the town if you do not have a vehicle. The area and surrounding nature is very beautiful."
St Michael's-on-Sea, KwaZulu-Natal
Falling Waters Guest Lodge"Kort heelwat meer eetplekke en vermaak."
"Escourt-omgewing het baie mooi plekke om te sien. Die Drakensberge is naby en daar is baie om te doen. "
"Die omliggende melkplase en mooi uitsigte oor die Drakensberge gee Underberg 'n rustige atmosfeer. Die dorpie het 'n mooi groot SPAR-winkelsentrum met alles wat jy nodig het. Die paaie het wel 'n paar slaggate, maar die natuurskoon maak op daarvoor. Underberg is net 'n klipgooi weg van Himeville, met 'n museum en ander besienswaardighede."
"Ramsgate is soveel lekkerder en beter as wat ek verwag het. Het altyd net in die verbygaan na Ramsgate gekyk. Noudat ek dit van naby leer ken het, sal ek baie eerder Ramsgate toe gaan as Margate. Voorwaar 'n juweel waarvan mense nie bewus is nie. Dis stiller as Margate en in my opinie 'n baie lekkerder swemstrand."
"Ramsgate sal moet aandag gee aan hulle waterprobleme. Ons het 2 dae vroeër huiswaarts gekeer a.g.v geen water in die area nie wat glo n gereelde gebeurtenis is wat vir dae lank aanhou. "
St Lucia Estuary, KwaZulu-Natal
Umlilo Lodge"Doen die bootrit op die rivier wat deur Umlilo Lodge gereël kan word. Ons het so baie seekoeie gesien en die inligting oor die riviermonding is baie interessant. Die strande is heerlik, daar is 'n ryk voëllewe en Cape Vidal en die natuurreservaat is beslis een van die dinge wat jy moet besoek as jy daar is."
"Ramsgate is die ideale bestemming vir 'n rustige Suidkus-vakansie. Die 'Waffle House' bly 'n groot trekpleister en alle winkelfasiliteite en ander toeristebesienswaardighede (soos uShaka, Oribi-ravyn, baie mooi gholfbane, ensovoorts), is naby genoeg aan Ramsgate."
St Lucia Estuary, KwaZulu-Natal
Marlin Lodge"Cape Vidal is beautiful and is highly recommended for any coast or nature lover."
"Die dorp self bied nie veel vir toeriste nie, maar die omgewing en besienswaardighede langs die R103 maak daarvoor op. "