Geverifieerde Resensie
South Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in South Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 2056 resensies.
"Leisure Bay is in my mening 'n baie lekker toeristebestemming. Dit is naby aan die Waterpark by die Casino en Mac Banana is net 'n wonderike plek. Daar was 'n paar dae wat daar redelik mense op die strand was maar ons het nooit gevoel dat dit te besig was nie. Ek moet sê die lewensredders was baie goed. Hulle was die hele tyd bedag en het gereeld seker gemaak die mense is waar hulle moet wees. My tiener dogter het haar voet gesny op die rotse. Dit was nie te ernstig nie maar daar was baie bloed. Hulle het die wond baie mooi skoongemaak en ek was regtig beïndruk. Ek kan regtig se ons het lekker vakansie gehou. "
"Rustige, lekker strand. Stil area. The Rock is 'n lekker plek om tyd te spandeer met vriende en familie. "
"Dis 'n baie stil plekkie, om net te gaan rus is dit 'n baie goeie opsie."
"Uvongo is sentraal en naby aan al die ander strande in die omgewing. Daar is 'n heerlike getypoel op die strand en 'n swembad wat werklik goed in stand gehou word."
"Wonderful laid back town, close to all amenities. Would love to retire there one day."
"Baie lekker dat Shelly Beach, Uvongo, Manaba Beach, Margate en Ramsgate so aaneen loop, met 'n wye verskeidenheid winkels en sentrums te kies en te keur na elkeen se smaak."
"Dis 'n heerlike strand en dis stil en rustig, nie woelig en besig soos bekende strande rondom Warner Beach nie. Skoon en netjies."
"Shelly Beach is an excellent place to be when away from home, because it has everything you need."
"Sea Park is 'n baie rustige area, bietjie ver van strande maar anders puik as jy net wil ontspan."
"'n Rare ongerepte strand - hoop dit bly so bewaar vir die hengelaars en die kleuters wat in die poeletjies baljaar!"
"Nie baie restaurante in die omgewing nie, tog is dit baie sentraal geleë aan die Suidkus."
"Pragtige kusdorpie. Baie goeie restaurante. Baie opsies vir gesinsvermaaklikheid."