Geverifieerde Resensie
Upper Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Upper Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 2339 resensies.
"Dit was 'n wonderlike ervaring! Mooi dorpie en het absoluut heerlik gebly. "
"Dor en droog vir nou - lyk my Des en Jan is die warmste maande, so dit kan warm raak in dié tydperk! Interessante plekke om te besoek, veral vir die wat belangstel in fossiele en hulle geskiedenis! As jy van alles wil wegkom en sterrekyk, is dit die plek! Koop 'n uiltjie by die Uilhuis, ry op 'n donkiekar, en gaan kyk na die mooi kerk as jy net daar oornag op pad see toe of huis toe, anders verken die area 'n bietjie langer saam met Graaff-Reinet en omgewing."
"It being a public holiday, most places were closed. The highlight was the gem we discovered - MAPSA. The young man showed us around, interesting art and the accommodation looked great. Would definitely consider staying at MAPSA should we overnight again in Richmond. "
"Quirky and quaint little town in the Karoo. Worth a visit if you are in the area."
"Pragtige klein dorpie, geskiedenis ryk en die moeite werd om te verken - wens ons het nie net oornag nie."
"'n Netjiese dorp, met 'n ongelooflike uitsig van die dam, rustige omgewing, toerisme attraksie."
"Soos meeste ander dorpe in die streek gaan die infrastruktuur agteruit. Die dorp se ligging en uitsig oor die dam maak egter op daarvoor. Dit is stil en rustig en op ‘n warm dag kan mens heerlik in die dam gaan afkoel. Daar is ‘n vulstasie wat oop is gedurende die dag, ‘n ABSA-kitsbank, drankwinkel en ‘n paar winkels waar mens alles kan kry wat mens op ‘n naweek of vir langer nodig mag hê. Die onbekende Rolfontein Natuur Reservaat is aangresend aan die dorp en ook ‘n besoek werd. "
"Rustige dorp wat goed geleë is vir 'n oornag rus. Baie mooi ou huisies en geriewe in die dorp. "
"Die kaartjiemasjien by die winkel was buite werking en so ook die enigste beskikbaar ATM. Ons kom toe nie kos koop nie."
"Oulike dorpie, sal definitief die hotel wil uitprobeer as ons eendag weer deurry. Het al by The Old Mill coffee shop gestop op 'n vorige trip. Lekker stopover!"