Verified Reviews
Upper Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Upper Karoo
Rated 4 out of 5 based on 2330 reviews.
"Dit was alles waaroor ons kon droom vir 'n vinnige wegbreek. Die stilte was musiek, die mense van die omgewing ongelooflik vriendelik en die koservaring was heerlik! "
"As jy daarvan hou om met jou boot uit te gaan is hierdie die ideale plek. "
"Sal bittergraag eiendom daar wil besit. Dink mens gaan 10 jaar langer lewe as jy daar bly."
"Britstown is a small town with no big shops or take away restaurants like we are used to coming from the city. I would suggest you buy groceries and meat at Victoria West Spar if you come from Cape Town and in Kimberley if you come from Jo'burg. There is a butchery in town but it closes early. After 6pm you will not find any spot open in town to buy food; except for driving 50 kms to De Aar for a Checkers or KFC. "
"Kimberley is baie verwaarloos en dis jammer dat die plaaslike regering nie hulle deel doen nie."
"Die Karoo is 'n wonderlike deel van ons land - baie jammer vir die huidige droogte!"
"Kampplek aan te bevele vir kampers en groepe mense. Baie veilig en geriewe baie netjies en skoon."
"A small Karoo town with a couple of quaint restaurants that are worth eating at."
"Suid-Afrikaners kan gerus die Bo-Karoo besoek en die toeriste-besighede ondersteun. Bly weg van die N1-roete met al die vragmotors en ry met die N12 sonder die swaar vragmotorverkeer. Die N12 is baie veiliger en gee reisigers die geleentheid om die Bo-Karoo te ondersteun - wees bietjie avontuurlustig!"
"Britstown is baie klein. Waarskynlik die enigste aspekte wat dit vir die reisiger interessanter sal maak is die NG Kerk. Daar is ook die Karoo Country Lodge wat 'n verbasende spyskaart het. Daar is ook 'n Pub & Grill, maar ons het dit nie besoek nie."
"Hierdie Karoodorpie is totaal onderskat. Die mense is van die vriendelikste in die wêreld en die dorp is netjies en daar is so baie bome dat dit soos 'n oase lyk. Die kerk is een van die mooiste geboue wat ons nog in al die dorpe gesien het en die inwoners van die dorp is woelig en betrokke. "
"Te laat daar gekom om werklik te beleef. Britstown is egter lekker in die middel geleë tussen PTA en die Kaap."
"Maak die tyd en ontdek ons platteland. Suid-Afrika het soveel mooi in ons mense en natuurskoon en klein ou dorpies."
"De Aar is 'n pragtige Karoodorpie met vriendelike mense en groot oop vlaktes. Die dorpie is skoon met baie restaurante en blyplekkies. Sal beslis terugkom."