Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11380 resensies.
"Ideaal geleë tussen Johannesburg en Kaapstad. Goeie ligging om behoorlik te rus halfpad na die Wes-Kaap vanaf Gauteng."
"Die dorpie voel soos regte platteland. Ongelooflik rustig en sooo veilig. Die uilmuseum was baie besonders. Sal die ervaring nie vergeet nie."
"Colesberg was ’n teleurstelling, die deel van die dorpie waar ons was, het ons baie onveilig gevoel."
"A convenient stop over destination for travel between Gauteng and the Western Cape coast."
"An amazing little town. We loved walking the streets and meeting some of the very friendly and helpful locals. A great place for a break."
"Dit is een van die groenste en pragtigste dorpies in die Karoo en ek ry hom nie graag mis nie."
"Die Munisipaliteit kan gerus meer doen om die dorp aantreklik te maak, siende dat daar so 'n groot toeriste-attraksie daar is. Dit het toevallig gereën die dag toe ons deur die buurte gery het en die toestande was uiters pateties! Bloemwater het die watertoevoer na die dorp afgesny omdat rekeninge nie betaal is nie. Watter ironie, terwyl die Gariepdam oorstroom het!"
"Ai, wat 'n voorreg om daardie massas water te sien, te hoor en te ruik! Dit is altyd 'n belewenis om natuurkragte in aksie te sien."
"My voorouers het lank daar gewoon en my pa het daar grootgeword (Somersetstraat 66), so ons verbintenis is sterk."