Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11431 resensies.
"Ons hou van die stilte en die klein gemeenskap. Die Uilhuis was baie interressant en die restaurantjie en kroegie wat ons besoek het was baie oulik ingerig met mooi dekor. In hierdie dorpie kan 'n mens kom rus en onttrek van die samelewing en net weer jouself vind. Hier wil ek vir 'n maand kom bly!"
"Die oulikste dorpie is baie vervalle. Eienaars van leë huise moet teen bekostigbare pryse verkoop en aan mense wat graag erwe wil bewerk. Die Skemas is goed ontwikkel en floreer. Ek sal graag wil sien dat die munisipaliteit meer aandag aan die skoonmaak van slote en klein stroompies skenk. Ek beveel aan dat skole herwinningsprogramme reël."
"Oulike dorpie met die heerlikste lamsvleis en goeie "sout van die aarde"-mense."
"Fantastic, quite and safe place to stay over between your long journey on the road."
"Ons ry al vir baie jare deur Beaufort-Wes en al het hulle baie duur geword, bly die Karoo Nasionale Park maar nog die beste plek om te bly en as jy net wil oorslaap, kan ons Little Green World met lof aanbeveel."
"Dit was beslis die 3 dae se oorslaap werd. Ek vertel reeds vir almal wat wil luister hoe 'n heerlike vakansie-ervaring dit was. "
"Venterstad is 'n rustige klein Karoodorpie, maar dit is baie naby die Gariepdam. Die Gariepdam-damwaltoer is verseker die moeite werd. "
"Good area for bird lovers to visit al lot of Karoo specials. It can be located here quite easily in the village as well as in the adjoining Rolfontein nature reserve. Lots of water sport activities available on the dam."
"Klein plekkie so daar gaan nie veel aan nie, maar ons was bevoorreg om baie oulike mense te onmoet. Ek kan Royal Beauty aanbeveel en Lizette's Nails - twee besonderse aangename dames."