Geverifieerde Resensie
Knysna
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Knysna bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 809 resensies.
"Currently good restaurants are over booked and difficult to get into. So book early to avoid disappointment. Try a restaurant called Persello Pizzeria in the Memorial Square in the main road. Their food is fantastic and the family owned restaurant was the highlight of our stay in Knysna."
"Knysna is een van ons gunstelingplekkies om te besoek. Mooier as mooi! Daar is nie veel om te doen nie, so Knysna is meer 'n plek om te ontspan."
"Die dorp is vriendelik en ordelik, rustig en netjies, met lekker restaurante en boekwinkels."
"Knysna has a lot to be explored, didn't get time for this, but maybe next time for sure."
"Uitstekend en defnitief 'n bucket list vir enige iemand! Soveel om te doen en soveel uitsigte en 'n ongelooflike mooi wêreld en pas om te besoek!"
"Soos altyd is Knysna mooi - veral noudat die veld en plantasies weer herstel. As mens verby die besige verkeer kyk, kan mens nie anders as om stil te staan daar en jou te verwonder aan die natuurskoon nie."
"Ten spyte van baie reën het ons as gesin dit baie geniet en ons verstom oor die pragtige ligging en dat dit waarlik 'n plek in Suid-Afrika is. Die Waterfront het bietjie teleurgestel. Dink meer vir oorsese reisigers ideaal. Winkels nie baie wow nie. Te veel Afrika- en china-aandenkings."
"Water, see, woude, berge, fantastiese kos. Alles wat mens in 'n vakansie will beleef."
"Die hart van die Kaap. Skoon en gasvry. Goeie restaurante, selfs in besigste tye. Skoon strande."
"'n Moet-besoek as jy rustigheid wil hê, die mense is baie vriendelik en die natuur is goed vir die siel."
"Knysna is 'n wonderlike plek om in vakansie te hou, daar is baie aktiwiteite wat jou kan besig hou."
"Een van die beste vakansies ooit. Mooiste plek. Noetzie Kastele en strand is absoluut pragtig. Sal vir seker 'n besoek aanbeveel."