Geverifieerde Resensie
Mossel Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mossel Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.8 uit 5 gekry volgens 3075 resensies.
Sentraal Mosselbaai, Mosselbaai
Sea View Charming Stone House"Dis nie die greatste area om in rond te stap nie en jy ontmoet 'n paar vreemde karakters wat jou vir geld vra."
"Mosselbaai is net een van daai plekke wat jy net moet gaan verken. Die see is magneties en die mense van Mosselbaai is baie vriendelik. Ek sal nou nooit weer net verby ry sonder om 'n draai by die see te gaan maak nie."
"Mosselbaai se mense is vriendelik en ons het baie welkom gevoel. Daar is ook baie om te doen, so beslis 'n goeie keuse vir vakansie. "
Mosselbaai Gholflandgoed, Mosselbaai
Tranquillo"Die vriendelikste mense in Suid-Afrika bly op die landgoed en gaan uit hulle pad uit om mens welkom te laat voel. Die baan is in 'n goeie toestand met die mooiste uitsig op die oseaan, "you see the sea from every tee"."
"Ons was daar vir 'n skaaktoernooi. Volgende keer sal ek bietjie vakansie gaan hou."
Sentraal Mosselbaai, Mosselbaai
Golf Paradys"Sentraal Mosselbaai in 'n neutedop is naby alle toeriste-oorde, winkels, skole en sportfasiliteite! Definitiewe aanbeveling."
"Dit is prentjie mooi met ‘n bekostigbare restaurant op die perseel waar jy ontbyt, middag en aandete kan geniet. ‘n Mooier see-uitsig sal jy nie sommer kry nie. Die klubhuis is ideaal vir ontspanning en gholfers sal natuurlik in die 7de Hemel wees met dié gholfbaan. Winkelsentrum en casino is naby geleë. Ontdek selfs grotte en voetpaaie wat jou asem sal wegslaan. Heerlike ontspanningsgeriewe by die Spa is jou te wagte. Swembad, borrelbad en sauna. Uitstekende diens oral by Pinnacle Point."
"Mosselbaai is beslis 'n dorp wat besig is om uit te brei, en het genoegsame toeristeaantreklikhede met goeie fasiliteite. Dit was ook opvallend hoe behulpsaam en vriendelik die mense is."