Geverifieerde Resensie
Escape From Johannesburg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Johannesburg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 5311 resensies.
Dinokeng, Ontsnap Uit Johannesburg
Beka Idube"Die een ding wat my wel gepla het, is dat Beka Idube buite die Dinokeng Natuurreservaat val. Ons voel dat ons bietjie om die bos gelei is omdat ons gedink het dat ons binne/naby die reservaat gaan tuisgaan. Dit val wel binne die 'Greater Dinokeng area" - wat eintlik nogal groot is. Ons is baie lief vir die Dinokeng Natuurreservaat en het spesifiek gesoek vir blyplek binne die reservaat; Beka IDube was amper 40 km via 'n grondpad na die Dinokeng Natuurreservaat se "self drive" area. Ons voel dat dit dalk meer promenent op die beskrywing behoort te wees."
Parys, Ontsnap Uit Johannesburg
Doringbos Lodge"Lieflike dorpie met lekker nostalgie, genoeg eetplekke en dis pragtig."
Dinokeng, Ontsnap Uit Johannesburg
Ngiri Safaris"Dinokeng is perfek vir 'n naweekwegbreek. Naby en baie maklik om te bereik. "
Dinokeng, Ontsnap Uit Johannesburg
Beka Idube"Dit is lekker naby vir ons om vir 'n naweek weg te gaan."
Parys, Ontsnap Uit Johannesburg
À la Maison Boutique Guesthouse"Parys is besig om stof te skop in die oë van 'n paar ou gevestigde "bestemmingsdorpies". Mooi Parys hou dit hoog."
Parys, Ontsnap Uit Johannesburg
Le Grand Chateau"Pragtige klein dorpie. Breë straat is vol klein eetplekkies, en kunswinkeltjies."
Bethlehem, Ontsnap Uit Johannesburg
La Motte Gastehuis"Ideale ligging naby Clarens en Golden Gate NP."
Flamwood, Ontsnap Uit Johannesburg
Strydom Stop and Stay"Die omgewing het net baie slegte slaggate."
Parys, Ontsnap Uit Johannesburg
Dimalachite River Lodge & Nature Resort"Baie om te doen en te sien in die omgewing."
Parys, Ontsnap Uit Johannesburg
À la Maison Boutique Guesthouse"Baie mooi dorp, baie dinge om te doen. "
Dinokeng, Ontsnap Uit Johannesburg
OuKlip Game Lodge"Ons het nie groot wild gesien nie, so ek dink daar is te min. 'n Mens ry ook nogal baie onder kragkabels, iets wat ek voor die tyd sou wou weet. "
Bethal, Ontsnap Uit Johannesburg
The Lodge Bethal"Ons was net in-en-uit die dorp, nie daar deurgery sodat ek 'n opinie kan gee nie. Heidelberg is baie mooi met al die ou huise en geboue."
Hartbeeshoek, Ontsnap Uit Johannesburg
Highlander Trout Lodge"Naby Harties sonder om in die verkeer te wees. Toegang na beide kante van die damwal. naby lekker plekkies soos French Toast-koffiewinkel en De Vette Mossel-restaurant. "
Dinokeng, Ontsnap Uit Johannesburg
OuKlip Game Lodge"Was heerlik om self rond te ry en wild te gaan kyk en ons sal weer gaan! Goeie waarde vir geld! Het baie wild gesien, behalwe olifante, maar hopelik volgende keer. "
Parys, Ontsnap Uit Johannesburg
Doringbos Lodge"Baie oulike dorpie. Baie besig met aktiwiteite oor naweke. Die avontuurlustige sal iets daar kry om te doen."
Hartbeespoort, Ontsnap Uit Johannesburg
Tropicana Lodge & Sportz Bar"Naby stede. Goeie eetplekke. Vir 'n dag uit is dit ideaal."
Dinokeng, Ontsnap Uit Johannesburg
Cullinan Diamond Lodge"Bietjie aan die stil kant, verwarring met paaie agv gebrek aan aanwysings."
Dinokeng, Ontsnap Uit Johannesburg
Cullinan Diamond Lodge"Was baie droog agv van watertekort en droogte. Cullinan is 'n pragtige ou myndorp. "