Resensies van Western Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.57 uit 5 gekry volgens 37389 resensies.
Ignatius K. - 19th December 2017
staying in Tulbagh, Wes-Kaap
Verkeerde naweek van die jaar. Kan nie in dorp beweeg nie, voel onveilig. Alle nywerhede, bouers, ens. sluit en plaaswerkers almal in dorp vir inkopies. Meer besope mense in dorp as nugter! Dis jammer.
Suzi K. - 19th December 2017
staying in Myburgh Park, Wes-Kaap
Myburg Park was tops, maar in geheel is Langebaan 'n lieflike vakansie bestemming, en ons sal beslis weer 'n draai gaan maak.
Elma H. - 18th December 2017
staying in Oudtshoorn, Wes-Kaap
Baie ingestel op Afkrika kuns en volstruisprodukte. Daar is ongelooflik baie uitstekende restaurante en ons het nie eers by die helfte kon uitkom nie. Die mense is ongelooflik vriendelik en die dorp is skoon en netjies. Ons sou nog lank daar kon bly. Het die wynplase en padstalletjies baie geniet. Lekker kuier dorp.
Andre Z. - 18th December 2017
staying in Sandbaai , Wes-Kaap
Baie sentraal. Uit die gedruis.
Celia V. - 18th December 2017
staying in Beaufort-Wes, Wes-Kaap
Nee, ons was daar tydens 'n uitsonderlike droogte, is steeds 'n baie mooi Karoo-dorp met vriendelike mense.
Conrad S. - 18th December 2017
staying in Langebaan, Wes-Kaap
Langebaan is ideaal vir vakansies.
Christien G. - 18th December 2017
staying in Pearly Beach, Wes-Kaap
Lekker stil.
Tommie S. - 18th December 2017
staying in Rondebosch, Wes-Kaap
Baie lekker plek en is naby alles geleë.
Ilse F. - 18th December 2017
staying in Sedgefield, Wes-Kaap
As jy wil rus, is Sedgefield die plek om dit te doen. Dit word nie verniet 'n "Slow Town" genoem nie.
Marietha S. - 18th December 2017
staying in Strand, Wes-Kaap
Die area en strand word gereeld skoon gehou.
Celeste O. - 18th December 2017
staying in Laingsburg, Wes-Kaap
Matjiesfontein is 'n klipgooi weg.
Lana E. - 18th December 2017
staying in Knysna, Wes-Kaap
Dit was die eerste keer dat ons in Knysna oornag het. Dis 'n pragtige dorpie. Ons was net verbaas dat daar nie 'n filmteater op die dorp is nie, maar dalk het ons die grootte van die dorp net oorskat in die verlede.
Marliese B. - 18th December 2017
staying in Franschhoek, Wes-Kaap
Lovely weekend destination with wonderful eateries!
Jenny B. - 18th December 2017
staying in Velddrif, Wes-Kaap
Check the seasons. We visited at the wrong time of year to see the birds and the drought did not help. Very central and the perfect stop over before going further up the coast.
Ansie S. - 18th December 2017
staying in Malgas, Wes-Kaap
Dis rustig. Die pond is 'n ervaring. Ons het dit baie geniet.
Johan W. - 18th December 2017
staying in Swellendam, Wes-Kaap
Tranquil clean and friendly people.
Johan V. - 18th December 2017
staying in Prins Albert, Wes-Kaap
Baie lekker. Tipies platteland.
Trish P. - 18th December 2017
staying in Worcester, Wes-Kaap
Not much to do. But friendly people.
Hannes C. - 18th December 2017
staying in Merweville, Wes-Kaap
Rustige dorpie, maar effens groter as verwag.
Wilma D. - 18th December 2017
staying in Franskraal, Wes-Kaap
Franskraal is 'n rustige klein dorpie en die mense is almal baie gaaf en vriendelik. Almal is Afrikaans en ons het heerlik daar gebly.
Johan L. - 18th December 2017
staying in Van Dyks Bay, Wes-Kaap
Lekker cage diving gedoen. Die see is net so mooi daar. Honderde foto's geneem.
Deon D. - 18th December 2017
staying in Tulbagh, Wes-Kaap
Die plek kan warm word in die somer.
Deon D. - 18th December 2017
staying in Melkbosstrand, Wes-Kaap
Ek sal weer Melkbosstrand besoek.
Dawie O. - 18th December 2017
staying in Lambertsbaai, Wes-Kaap
Muisbosskerm was 'n teleurstelling en waarde vir geld kan ernstig bevraagteken word.
Johan H. - 18th December 2017
staying in Citrusdal, Wes-Kaap
As jy gaan oor die dorp, bly weg. As jy die omgewing wil verken, 100%.
Alwyn B. - 18th December 2017
staying in Paternoster, Wes-Kaap
Skilderagtig mooi en veilig - strate word deur plaaslike mense deurlopend gepatrolleer.
Sune B. - 18th December 2017
staying in Paternoster, Wes-Kaap
What a lovely peaceful town - this is where one should go to truly unwind and relax. The only negative point is that nature conservation should be better applied, especially regarding the marine life.
Erina B. - 17th December 2017
staying in Swellendam, Wes-Kaap
The Gaol Restaurant's food was excellent and the waiter extremely sharp and polite. Lovely town and trees!
Nico K. - 17th December 2017
staying in Riebeek-Wes, Wes-Kaap
Baie aangenaam.
Jurie S. - 17th December 2017
staying in Uniondale, Wes-Kaap
Baie interessante kultuur-historiese dorpie, in 'n heerlike ligging, naby die berge.
Liesl V. - 17th December 2017
staying in Yzerfontein, Wes-Kaap
Laid back beach ‘dorpie’ where you can just relax in a beautiful beach home. Not much else going on in Yzerfontein, but within easy reach of many other destinations, restaurants and attractions.
Franzelle M. - 17th December 2017
staying in Mosselbaai, Wes-Kaap
Baie mooi plekkie. Danabaai was rustig en verfrissend.
Carlo F. - 17th December 2017
staying in Sedgefield, Wes-Kaap
'n Karaktervolle dorpie in een van die mees asemrowende streke in ons land!
Jacques C. - 17th December 2017
staying in Elgin, Wes-Kaap
So baie plekke om te verken. Elke straat waar jy af ry is daar iets mooi om te sien en te doen.
Renee H. - 17th December 2017
staying in Oudtshoorn, Wes-Kaap
We love this part of the world!
Tersia G. - 17th December 2017
staying in Duynefontein, Wes-Kaap
Ek het die idee gekry dat Duynefontein net 'n woonarea is en dat mens net 'n paar kilometer moet ry dan is jy in Melkbosstrand waar al die besighede, ens. is.
Leona S. - 16th December 2017
staying in Jongensfontein, Wes-Kaap
Dit is 'n heerlike vreedsame plekkie wat voel soos jou eie klein eilandjie. Dit verskaf die rustigheid wat mens nodig het as jy 'n wegbreek nodig het. Manna vir die siel. Meer wegneemplekkies sal welkom wees.
Natasja M. - 16th December 2017
staying in Paarl, Wes-Kaap
Die KWV Emporium en Taal monument is in die Paarl 'n besoek werd. Daar is ook ander wynplase in die omgewing wat besoek kan word.
Natasja M. - 16th December 2017
staying in Sandy Point, Wes-Kaap
Sandy Point is 'n baie rustige dorpie met pragtige strande. Ek het lanklaas sulke skoon seewater gesien. Die winkels in die dorpie bied al die noodsaaklikhede. Daar is ook interessante omliggende dorpies wat besoek kan word. Vredenburg het 'n groot mall vir die shopaholics.
Adriaan S. - 16th December 2017
staying in Murraysburg, Wes-Kaap
Perfekte oornag plek vir 'n reis van Johannesburg na die Kaap toe.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]