Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11431 resensies.
"Dit is een van die groenste en pragtigste dorpies in die Karoo en ek ry hom nie graag mis nie."
"Die Munisipaliteit kan gerus meer doen om die dorp aantreklik te maak, siende dat daar so 'n groot toeriste-attraksie daar is. Dit het toevallig gereën die dag toe ons deur die buurte gery het en die toestande was uiters pateties! Bloemwater het die watertoevoer na die dorp afgesny omdat rekeninge nie betaal is nie. Watter ironie, terwyl die Gariepdam oorstroom het!"
"Ai, wat 'n voorreg om daardie massas water te sien, te hoor en te ruik! Dit is altyd 'n belewenis om natuurkragte in aksie te sien."
"My voorouers het lank daar gewoon en my pa het daar grootgeword (Somersetstraat 66), so ons verbintenis is sterk."
"Dis 'n baie mooi dorp en al die mense waarmee ons te doen gekry het was ekstra vriendelik. Eetplek was net so lekker."
"Still one of my favourite towns on the route to Cape Town. So charming and I love the people they are always so friendly."
"Jammer dat dinge so verwaarloos, daar is soveel mooi geboue. Strate is oor die algemeen baie swak. Dit is so 'n gerieflike halfpadstop, dis hartseer dat dorpe verwaarloos word."
"Mooi skoon en vriendelike dorp. Het ongelukkig op pad na Spur ‘n klompie manne sien baklei in die hoofstraat."
"Britstown is a great place to stopover between the Western Cape and Free State but not necessarily a destination in itself."
"Ek het net deurgery en kan nie regtig 'n indruk gee nie. Die dorp het baie karakter en die mooiste geboue soos die kerk wat 'n moet is om te sien."