Geverifieerde Resensie
KwaZulu-Natal
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in KwaZulu-Natal bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 6556 resensies.
"Die ligging is vir my goed en maklik bereikbaar, en daar is oorgenoeg eetplekke. "
"Howick het my beïndruk. Daar is genoeg oulike winkeltjies en eetplekke om seker te maak dat ek weer daar sal oorbly as ons weer Midlands besoek. "
"Was self nog nie daar nie, maar moet seker baie aangenaam wees. Dink pryse is deesdae nogal hoog."
"Daar was 'n water beskikbaarheids probleem wat ons verblyf definitief negatief beïnvloed het. Ons het laat die middag arriveer en vroeg die volgende oggend vertrek."
"Manaba is 'n baie besonderse plek, sy ligging is weg van die gewoel en beskik oor die rustigheid wat mens nodig het om te ontspan, maar is ook naby aan die gewoel vir mense wat daarvan hou, so ek sal sê twee vlieë met een klap."
"Dis 'n heerlike vakansie naby winkels en die South Coast Mall. Baie eet plekke en strande. Buite seisoen is dit 'n fees!"
"Die omgewing waar die Montusi Self-Catering Cottages is, is pragtig. "
"This was the perfect beach for us as a family, seeing as everything is close by. Well sought out beach!"
"Dit was kleiner as wat ek verwag het. Nie 'n slegte ding nie. Wens net mens kon veiliger gevoel het. Ek moes die lug uit my bande blaas om op die strand te ry, maar toe ek die bande wou opblaas is daar net een plek om dit te doen en hulle kon ook nie help nie. Is net vertel die lug is op en dat ek Mbazwana toe sal moet ry. Nie iets wat ek graag wou doen met pap wiele. Sou gedink het hulle sou in hierdie opsig beter voorbereid gewees het."
"Ons het dit baie geniet om daar rond te ry en veral die "Waffle House" te besoek. Dis 'n baie mooi plek."
"My passie is om kerk geboue af te neem was met vriendelikheid en passie by almal ontvang!"