Geverifieerde Resensie
Mpumalanga
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mpumalanga bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6164 resensies.
"Daar is sigbare moeite gedoen om die dorp te verfraai om weer 'n lekker toeriste-bestemming naby Gauteng te wees!"
"Dullstroom vol toeriste met baie eetplekkies en winkels om hulle besig te hou."
"Dullstroom is 'n heerlike dorpie met baie om te doen. Ons kon in die 2 volle dae wat ons daar was, nie by alles uit kom nie. Definitief 'n plek waarheen ons weer sal gaan. Die Birds of Prey Rehab Centre is definitief my gunsteling plek wat ons die naweek besoek het."
"Hazyview dorp is ongelukkig nie baie skoon nie. Was vreeslik besig, seker maar omdat dit 'n lang naweek was."
"Lovely place for a bush holiday. I will recommend Marloth Park. Too many big lodges being erected and concerned for the future when it is fully developed. Also noted fencing around houses which will eventually stop animals from roaming freely."
"My persoonlike mening is dat daar te veel huise nou gebou word. Marloth is dalk besig om sy uniekheid te verloor, want jy is baie na aan jou bure. Dis asof selfs die diere minder is. Nog steeds is dit een van Suid-Afrika se mooiste plekke."
"The Machadodorp tollgate on the way back had delays of 30-45 minutes and the one near Middelburg, about 10-minute delay. Need to cater for that on any trip home."
Nasionale Krugerwildtuin Suid, Mpumalanga
Sabie River Bush Lodge"Ons geniet dit om al die diere te sien en volgende jaar is ons weer terug. "
"Marlothpark self sal dringend iets moet doen aan mense wat partytjies hou en musiek kliphard speel dag en nag. Sommige eienaars beboet jou met R3500 vir jou eerste geraas/rusversteuring klagte (dit sluit in harde musiek, kuier, en kinders wat skree), en daarna word jy uitgesit. Ek stel voor almal doen dit, anders gaan mens later glad nie meer kan Marloth toe gaan om af te skakel en rustig te wees nie. Jy kan netsowel Margate toe gaan."
"Best location for nature lovers, and always delivers! Can accommodate SA travellers on a budget."
"Gerieflik naby aan Gauteng. Lekker verskeidenheid winkels en eetplekke. Ideale naweekbestemming."
"We enjoyed sitting on a deck at a restaurant watching the animals at the river. So peaceful after a long trip from Durban."
"Die atmosfeer in die dorpie is heerlik en daar is baie om te sien en doen. Ons sal vir seker weer gaan kuier. Dit bied 'n verskeidenheid eetplekke en die mense is baie vriendelik."
"Besondere dorp, maar paaie in 'n haglike toestand soos elders in die land."
"Hoewel dit bitter droog is op die oomblik, is dit altyd lekker om te kan gaan stap en die diere wat kom kuier is heerlik. Dis die eerste keer wat my man dit beleef en hy wil weer terggaan. Dis baie rustig en privaat en mens rus baie lekker."