Geverifieerde Resensie
Overberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Overberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 6501 resensies.
"L'Agulhas and Struisbaai. The best place to visit in South Africa!"
"Lekker baie om te doen en om te sien. Goeie eetplekke, genoeg winkels en mooi natuur."
"Die huis is uitstekend geleë en het maklike toegang tot die Whale Coast Mall. Jy hoef dus nie op die besige pad tussen Hermanus en Onrus te ry nie. Die Vb Restaurant is 'n groot pluspunt en baie naby aan die huis geleë. Die voetpaadjies teen die see is in 'n baie goeie toestand en verleen toegang tot die Onrus en Sandbaai strande binne 300 meter."
"Pragtige plek. Goed vir siel en liggaam. Miskien nog lekker restaurante waar 'n mens saans kan eet."
"Ongelooflik uitgebrei. Heerlike plek om weg te breek van die gejaag van die samelewing. Baie dankie!"
"Ons het net 1 van die 4 nagte daar geslaap en toe uitgeklok en by Great White Shark Accommodation gaan inklok vir 3 nagte. Hulle was puik!"
"Daar is verskriklik baie om te doen met al die wynplase in die omgewing - lekker naby aan Kaapstad baie ander plekke."
"Behalwe dat die wind bietjie onplesierig was, was dit fantasties. Ons het dit geniet."
"Die ligging is onvergelykbaar en het onvergeetlike herinneringe help hou. ‘n Prentjie geskilder uit die Vader se hand. "