Verified Reviews
West Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in West Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 6636 reviews.
"'n Rustige wegbreek area. Jammer dat die pad na Doringbaai in so 'n swak toestand is dat ons na 'n paar kilometers moes omdraai."
"Dalk meer inligting oor eetplekke, besienswaardighede van plase in omgewing waar produkte verwerk word, en na gekyk kan word. Baie min mense het kennis van Tee-verwerking, aartappels plant, oes, ens. Visfabriek-toere / verwerking van vis. Kaart van goeie visvangplekke."
"Maak seker jy gaan eet by die vele restaurante - van die beste in Suid-Afrika!"
"Need to visit for longer so that more seafood can be consumed. Musibosskerm remains a great evening."
"Ek hou van die wit huisies met die swart dakke. Dit is uniek aan die Weskus. Hou dit so."
"Paternoster is 'n plekkie waar mens nie veel winkels moet verwag nie. Hul kan net gerus ook op Sondae en Maandae oop wees. Dit lyk of die dorp Sondagmiddag toemaak, en eers ontwaak op 'n Dinsdag oggend! Ons het ongelukkig Sondag middag 3 uur daar aangekom, en Dinsdag oggend weer moes ry. Ons het direk van die lughawe daar aangekom, en was nie voorbereid dat daar niks oop sal wees nie. Buiten dit, pragtige dorpie!"
"Jacobsbaai het baie gegroei die afgelope 20 jaar, en bly een van die mees private kusdorpies in die omgewing. Ek sien dit bou steeds dat dit klap en groei sterk."
"Lambertsbaai is 'n stunning kusdorpie met soveel mooi dinge en lekker mense. Definitief die moeite werd om dit te besoek!"
"We thoroughly enjoyed our brief stay in Langebaan. There were road works which led to a great deal of confusion but once complete the good roads will enhance the area. The scenery and of course the flowers are magnificent and Langebaan is nice and central. Good dining available and everything a traveller could wish for."
"Ons was ongelukkig daar terwyl daar aan die strate gewerk is, maar na voltooiing van die padwerke sal Langebaan nog beter wees as voorheen."
"Daar is baie min om te doen in Britannia Baai, maar as jy 'n boot het, is dit net die plek om te gaan."