Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 34945 resensies.
"Miskien moet hulle kyk om in 'n mediese hospitaal te investeer, alhoewel die staatshospitaal nie te sleg was nie."
"There are various vineyards situated close to George. It is also very close to the Redberry Farm. The Redberry Farm has lots of activities for both adults and kids, like picking your own strawberries. I highly recommend it for a view hours of fun."
"Langebaan is mooi en het heelwat eetplekke, toeristewinkels en -stalletjies. My tyd daar was maar winderig. Club Mykonos is mooi en Dockside op die marina is prentjiemooi. Ek glo jy het so 'n week daar nodig om alles te sien en te bekyk. "
"Dis 'n pragtige omgewing en ons het heerlik in 'n plaaslike restaurant geëet."
"Oulike dorpie met 'n hele paar verrassings in die area! Die stilte en natuurskoon is ideaal!"
"Baie oulike dorpie. Ons was 4 dae daar en het elke dag iets gehad om te doen. Die Kokerboom Kwekery is 'n moet om te besoek en daar is ook baie lekker eetplekke. Die Red Ox was uitstekend. "
"Werklik 'n Karoodorp met baie karakter en baie om te sien en te doen. Hulle sien ons beslis weer."
"Bredasdorp het ons verras. Dit is baie groter as wat ons verwag het. 'n Stop by die John Deere handelaar was 'n hoogtepunt vir my kinders. Ons het na al die nuutste trekkers gaan kyk en hulle monde het oopgehang! Die dorp is baie netjies en die mense baie vriendelik."
"Hierdie Karoodorpie het jare gelede reeds ons harte gesteel. Sal altyd terugkom hierheen."
"Verstaan nou waarom dit Kwêla se dorp van die jaar is! Heerlike weer, lang kuslyn en genoeg besienswaardighede."
"Onrus het alle produkte - vars of wat ook al nodig is. Die plaaslike apteek langs OK was besonder vriendelik en behulpsaam en is uitstekend toegerus."