Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36612 reviews.
"Dit is een van die mooiste plekke in ons land. Sal vir seker weer Struisbaai besoek vir 'n vakansie en vir seker langer daar vakansie gaan hou."
"Daar was padwerke in die dorp wat dit bietjie moeilik gemaak het om rond te beweeg, maar ek glo as dit klaar is sal dit baie beter wees."
"Die perfekte dorpie vir die lekkerste kuier. Gaan eet gerus by The Mystic Tin; ek sal dit ten sterkste aanbeveel."
"Lieflike plek, so rustig, ons het lekker geëet daar by Isabellas en die Spar en Drankwinkel is almal maklik bereikbaar! Sal dit beslis aanbeveel."
"Tulbagh is 'n pragtige plattelandse dorpie, met genoeg buitemuurse aktiwiteite om ons tevrede te stel, bv. perdry, bergklim, stap. En moenie vergeet van al die mooi omliggende wynplase waar mens kan wynproe en selfs eet ook by sommiges. Ons gunsteling dorpie en net 'n uur uit die stad."
"Tulbagh is beeldskoon en die klein dorpie het baie om aan te bied. Oakhurst Olives is definitief 'n moet!"
"Staying in Kenilworth worked out very well for the purpose of this trip. Central and in close proximity to have access to highways etc. A beautiful treed suburb with real "old world charm"."
"Heerlike, rustige omgewing met die mooiste uitsig. Baie vriendelike mense."
"Ek sou verkies as die res van die wêreld nie weet van Paternoster nie, want dis so pragtig en wil dit graag vir myself hou! En om alles te kroon, het ons die lekkerste Sushi ooit daar geëet! Die enigste negatiewe kommentaar is: Die 'ingang' van die dorp vanaf Vredenburg (algemene 750 m area rondom die 1ste 4-rigting stop) het dringend aandag nodig: die res van die dorp is so mooi, maar die eerste indrukke is vuil, morsig en onversorgd."
"Hartenbos is regtig aan te beveel vir vakansie, veral as die swaeltjies ook daar is Januarie, Februarie en Maart dan sien ons weer ons ou vriende en kuier 'n hond uit 'n bos."
"Pragtige dorp met vriendelike mense en eetplekke van 'n groot verskeidenheid. Alles is skoon en netjies. Pragtige strandareas en 'n Weskusparadys!"