Geverifieerde Resensie
Bloemfontein
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Bloemfontein bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.1 uit 5 gekry volgens 1473 resensies.
"My geboortedorp. Ongelukkig is die middestad baie verwaarloos, maar daar is steeds baie mooi plekke om te sien, en familie om by te kuier."
"Universiteit is fantasties en baie skoon - kan Kovsies aanbeveel vir enige iemand om te studeer."
"Ons sou graag langer wou bly om die Vrouemonument en ander besienswaardighede te besigtig. Tyd was egter beperk."
"Die Nasionale Museum, Oorlogsmuseum en die Oliewenhuis Kunsgallery is die moeite werd om te besoek. Waterfront en Mimosa Malls is baie aangenaam."
"Did not have time to see much as we had to rush back - we were transporting a cancer patient to East London."
"Vir ons was dit redelik hartseer, ons is aanvanklik van Bloemfontein en het so 20 jaar terug Kaap toe getrek. Die stad het verskriklik agteruit gegaan. Paaie is in 'n swak toestand (Geen sperstrepe eers in die hoofstrate nie - CBD) Vervalle geboue en tuine. Oor die algemeen is die stad vuil. Hartseer om te weet dis was eens die Stad van Rose genoem - want nou is dit net dorings..."
"Lekker parkrun gedoen die Saterdagoggend. Bloem is 'n lekker oornagstad met baie goeie restaurante."
"Ek was op Bloemfontein in die vroeë 80's as student so dit het baie verander. Ons sal graag wil kom besoek om die stad te verken oor 'n paar dae."
"As die munisipaliteit hulle deel doen sal Bloemfontein beslis meer toeriste lok."