Geverifieerde Resensie
Upper Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Upper Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 2339 resensies.
"A quaint village that is lost in time. Inhabited by the most friendly people. The Owl House is a wonder to behold and even more amazing on learning about Helen Martins and her life. The tranquillity of the town would make a good relaxing weekend."
"Ons was mal oor die dorpie, maar wens daar was nog 'n eetplek wat aandete voorsien."
"'n Toeristebestemming sal beslis 'n pluspunt wees. Ons wat van die Vrystaat af kom soek soms 'n oorslaap plek veral as ons saam met bejaardes reis. Hierdie is die ideale plek."
"Dis 'n baie rustige en mooi plekkie. Sal definitief weer oor Paasfees daar gaan kuier. "
"Ons gaan baie Nieu-Bethesda toe, maar dit lyk asof die dorp besig is om agteruit te gaan wat baie hartseer is – veral die Two Goats Deli. Al besigheid wat vooruitgaan is Die Waenhuis."
"Net jammer van al die plastiese sakke wat jou begroet wanneer jy naby die dorp is. Die hele veld is vol plastiese rommel. Regtig 'n seeroog. "
"Ons het lekker "lamb shank" by die Merino restaurant (die enigste in die dorp) geëet. Ek sou sê nog 'n koffiewinkel en merino produkte as "arts & crafts" sal ook 'n aanwins wees. Ons het egter net oornag en nie baie tyd in die dorp spandeer nie."
"Vanderkloof is a nice town to use as a base to explore the south western Free State and the Bo-Karoo. Wish the municipality would sort out the caravan park, but you can also make use of Die Sandgat caravan park just outside town on the way to Philipstown."
"Victoria West, moet in samewerking met al drie vlakke van die regering, die dorp bemark as 'n kultuur-historiese ervaring. Dit kan bydra tot werkskepping in die toerismebedryf, en 'n toekoms bied vir die inwoners."
"Ongelukkig net deur die dorp gery en op ure waar daar nog geen beweging was nie."
"Richmond as dorpie het totaal agteruitgegaan. Ons was selfs bang dat ons nie brandstof daar sal kry nie, maar gelukkig was dit nie 'n probleem nie."
"Lekker Karoo stilte. Die hartland van die Karoo. Die Merino restaurant hier het jare lank al die lekkerste afval. Die gholfklub verwelkom enige persoon hartlik vir 'n bier of pot gholf."
"We did not have time to explore the town and surroundings, but from what we saw, it looks very interesting and would like to stay at De Oude Pastorie again for a few days to explore the town and surroundings."
"Ek het my hart op Nieu-Bethesda verloor! Dit is 'n pragtige Karoodorpie met vriendelike mense en is so rustig. Dit was lekker om vroegoggend 'n hoenderhaan te hoor kraai en saans kon ons nog veilig in die strate rondloop. Die Uilhuis en Helen Martins se hartseer verhaal was een van my hoogtepunte met ons besoek daar. Ek gaan beslis weer hierdie spesiale dorp besoek in die toekoms."
"Die dorp op homself is besig om agteruit te gaan. Dit is 'n tipiese plattelandse dorpie met net die nodige fasiliteite vir 'n oornag stop."
"'n Moet om daar te gaan kuier en al die wonderlike klein onbekende juwele te gaan ontdek. Pragtige dorp. "