Geverifieerde Resensie
Cape Route 62
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Route 62 bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 2351 resensies.
"Would definitely recommend the Klaasvoogds Meander tour on Friday, and a pizza from Bourbon Street. The Viljoensdrift river cruise is also a nice relaxing tour and there are tons of wine farms to choose from."
"Roete 62 was 'n groot verrassing siende dat ons nog nooit in daardie omgewing was nie. Ons was eintlik op pad na Montagu en het oor Barrydale gery - Barrydale was eintlik so 'n verrassing. Selfs ons verblyf in Montagu was 'n verrassing. Te min tyd en te veel om te doen. Sal weer soontoe gaan. Baie dankie."
"Pragtig! Daar was so baie te sien. Ons het 'n ongelooflike lekker tyd gehad in die 4 dae wat ons in Montagu spandeer het."
"Enjoyed the market on Saturday, nice fresh homemade products and crafts."
"Baie potensiaal vir klein besighede en bemarking nodig. Sal waardeer as ons ingelig was dat besighede/restaurante toe is op Maandag, Dinsdag. Donkie sanctuary was 'n wenner vir kleinkind. Volwassenes kan baie leer."
"Ons besoek gereeld afgeleë, interessante, waarde-vir-geld selfsorgplekkies in die Wes-Kaap. Niks kon ons egter voorberei op die gevoel van heerlike absolute afsondering en stilte bo-op die berge aan die voet van Meiringspoort nie. Die hoogtepunt was om donkeroggend op een van die Klein-Karoo se koudste dae, in die ruim Victoriaanse buitebad te ontspan in vuurwarm water met slegs die toegesneeude Swartberg en sterre wat jou afloer. Ek is werklik spyt ons het nie genoeg tyd gehad om die elande te besigtig asook die klofie agter die pikante rietdakhuisie uit te stap nie ...' n uitstekende verskoning om weer te gaan kuier! Baie belangrik - die 1.6 km tot op die berg moet myns insiens slegs aandurf word met' n 4x4 voertuig. Dit is definitief nie moontlik met 'n motor nie. "
"Would definitley would want to come back once the lockdown restrictions has been lifted."
"I think Covid has really effected Montagu compared to other towns we stayed in. Very sad."
"Gorgeous place and friendly locals - do visit and support the donkey sanctuary!"
"Skoon, lekker pad om te ry. Mense altyd vriendelik. Stop maar vir 'n koffie of iets anders, gesels met hulle, jy sal verbaas wees."
"Well, with everything going on we weren't able to go to nature reserves or wine tasting, but we did visit Bird Paradise. It isn't far from the dorp and they're not pricey either, but what I can say is I always enjoy Robertson."
"Op hierdie stadium is daar baie besighede en besienswaardighede toe. Dit maak die dorpie effe on-interessant. Maar die omgewing is pragtig en die natuur kan geniet word. Die ekonomie kry swaar op die oomblik."
"Owners and staff were impeccable. It felt like home and I can't wait to return. Hopefully, it will be warmer and I can make use of the pool. Thanks, Rita, Rebecca, Dwayne and the team. See you soon."
"Ons kan nie 'n goeie beoordeling maak nie, want weens die vlak 4 Covid inperkingsmaatreëls was aansit restaurante en wynplase gesluit."