Geverifieerde Resensie
Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 4924 resensies.
"Daar is so baie om te doen en te sien in die Kaap. Vir iemand wat van 'n klein dorpie af kom was dit vir my 'n belewenis en nie iets wat ek gou sal vergeet nie. Ek hoop om meer te sien van die Kaap in die vervolg."
"Een van ons gunsteling bestemmings in die land, baie goeie restaurante en buitelugaktiwiteite."
"Sommige inligting op google oor Kaapstad is heel verouderd na Covid. Bv. ons het 'n outdoor Go-Kart-plek gesoek en dit wat ons gesien het, bestaan nie meer nie."
"The accommodations in Cape Town are easily accessible. Definitely value for your money."
"Ons was meer in die Valsbaai-area. Die agteruitgang is duidelik en kan vergelyk word met enige van die groot stede is SA."
"Ag die Kaap is so mooi en dit was heerlik om uit die koue Vrystaat so bietjie terug te stap in somer vir 'n dag."
"Ons was in Kalkbaai spesifiek. Hierdie deel van die Kaapse kus (Valsbaai-area) is besonders mooi en is, persoonlik, verkieslik bo die Atlantiese, westelike kus by Clifton en Kampsbaai, oor daar baie meer ongerepte natuur, ongelooflike eksentriese winkels en eetplekke en 'n luilekker atmosfeer is. Hoogs aan te bevole."
"'n Baie lekker vakansiebestemming. Daar is so baie goed om te doen, jy kom nie eers by als uit nie."