Geverifieerde Resensie
Overberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Overberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 6397 resensies.
"'n Pragtige asemrowende plek. Die winkeltjies het sulke pragtige goedjies. Wat my opgeval het, is hoe mooi skoon die hele dorp is. "
"Bettiessbaai is asemrowend mooi. Ons het die uitstappie na die pikkewyne baie geniet. Sal verseker weer 'n draai in Bettiessbaai gaan maak."
"L'Agulhas is 'n pragtige dorpie waar die 2de oudste vuurtoring steeds sy lig laat skyn. Die dorpie het 'n baie gesellige koffiewinkel, Suidpunt Potpourri, waar die mooiste items vir jou huis gekoop kan word. Die natuur lewer geleentheid vir fietsry en stap op die mees Suidelike punt van Afrika."
"Gaan gereeld Hermanus toe, een naweek elke twee maande, maar bly by vriende in Voëlklip en kry nie kans om dorp te verken nie .Sal definitief weer by Windsor gaan bly."
"Ons is miskien bevooroordeeld, aangesien ons in die Overberg woon en werk. Daar is nouliks 'n ander toeristebestemming wat mooier natuurtonele bied. Dit maak nie saak in watter seisoen 'n mens hier kom kuier nie, daar is altyd asemrowende taferele wat 'n mens laat hunker na nog meer."
"We think Fishethaven is nearby Hermanus and other places. It is a lovely place to stay."
"Oulike winkeltjies, lekker koffieplekkies, pragtige ou wonings en al die groot supermarkte wat nodig is."
"Tyd moet gemaak word om Swellendam te besoek, dis rustig met baie besienswaardighede."
"Ek het grootgeword op Bredasdorp so natuurlik beveel ek die Overberg aan vir enige persoon!"
"Hermanus is beautiful but not in season when traffic is very congested. "
"Very quite and reminds you how seaside towns used to look with gravel roads and all. Great fishing, mussels and friendly faces."
"Pearly Beach is 'n baie lekker stil dorpie om na weg te breek. Dit is beslis die moeite werd om daar te gaan afpak vir 'n vakansie."
"Ek het nie soveel vis gevang as wat ek gehoop het nie, maar volgende keer! Ons het van ons vriende na Witsand verwys en hulle was so beïndruk dat hulle dadelik 'n vakansiehuis gekoop het. So, Witsand rock!"
"My gunsteling-naweekbestemming! Dit is so mooi en daar is ongelooflik baie om te doen en sien."