Geverifieerde Resensie
Garden Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 9467 resensies.
"Baie naby en uitstekend vir vakansie of net 'n naweek wegbreek, veral as jy kinders het."
"Baie om te sien en te doen in en om George. Al die passe is die moeite werd om te ry."
"Mosselbaai is die plek in die Suid-Kaap (Tuinroete) vir 'n vakansie. Skoon en redelik veilig."
"Baie om te doen, maar jy moet beslis 'n paar rand ekstra in jou sak hê om die plesiertjies te geniet."
"Ek dink die stadsraad behoort al die indringerplantegroei om die dorpsdam uit te roei en dat 'n gefokusde bemarkingsstrategie nodig is - ek weet nie eintlik waarvoor George bekend is nie en kon ook nie veel fabriekswinkels opspoor wat ek in my onkunde gedink het daar sou wees nie."
"Aangename wynproe gehad by by De Kranz. Ongelukkig onprofessionele behandeling by Boplaas ervaar en geen wynproe fasiliteite by Calitzdorp Cellars."
"Alles wat mens nodig het is sommer lekker naby. George en Mosselbaai is ook naby vir meer aktiwiteite."
"Prins Albert is 'n bekoorlike dorpie en die Swartbergpas. 'n Besoek aan Weltevrede Vyeplaas en O for Olive, is 'n moet. Heerlike eetplekke in Kerkstraat."
"I wish every town in this beautiful country of ours could be so peaceful and laid back as we experienced in George. The hustle and bustle of the big city was definitely not missed."
"Reisigers moet gaan en gaan kyk. Daar is te veel mooi en lekker tussen Mosselbaai en Knysna om hier te beskryf."