Verified Reviews
Garden Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Garden Route
Rated 4.7 out of 5 based on 9575 reviews.
"Ons ken die omgewing goed, maar dit is altyd lekker in Mosselbaai en om te sien hoe die plekke opgegradeer word. "
"Sal net graag wil weet van eetplekke wat dekke het waar jy met jou troeteldiere ook welkom is. Ons Yorkies is ons kinders. Gaan nêrens sonder hul nie."
"Mosselbaai is 'n ideale vakansiebestemming. Vriendelike mense wat ander respekteer. Veiligheid en netjiese omgewing. "
"Idilliese vakansiedorp. Min plekke in Suid-Afrika waar die see en berge so naby mekaar geleë is. "
"Het al voorheen daar naweek of vakansie gehou. Iets te doen vir almal en baie aktiwiteite. En ook nou met die zip line ook!"
"Uitstekend en defnitief 'n bucket list vir enige iemand! Soveel om te doen en soveel uitsigte en 'n ongelooflike mooi wêreld en pas om te besoek!"
"Lovely residential area with access to forest and mountain walks, quiet and secure. Not much to do as a tourist, but for business travel it was ideal location, as close to all."
"Mosselbaai Zipline 'n moet om te doen. Ek en my vrou het dit op ons huiweliksherdenking gedoen en dit was 'n adrenalien rush soos nog nooit tevore nie. Mosselbaai toeriste moet kyk om S.A. Gebore mense goetkooper te laat betaal as wat toeriste van oorsee doen. Die Zipline van Mosselbaai was R900 vir my en my vrou en 15 min toe is dit oor. Ek voel ons as Suid-Afrikaners en burgers van ons eie land word uitgebuit om ons eie mooi land te mag verken. "