Geverifieerde Resensie
Garden Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 9360 resensies.
"Ek is verstom oor die uiters funksionele en estetiese strandfront wat sedert my laaste besoek, etlike jare gelede, aangebring is."
"Heroldsbaai bied 'n rustige en redelik veilige omgewing vir vakansiegangers wat wil wegbreek van die gejaag."
"Pragtige bestemming! Ons was in Januarie hier so dit was baie stil en rustig. Sal definitief weer die kusdorpie besoek!"
"Indien jy wil rus, rotshengel en seehengel per boot, is dit die plek vir jou. Daar is 'n restaurant op die see naby Barnacles en by Die Breederiver Lodge soos jy by Witsand inkom."
"I will definitely visit Hartenbos again. it is a beautiful part of the Western Cape and I would like to see more of it on my next visit."
"So effense afstand vanaf hoofstrande soos Diazstrand en Hartenbos, maar heerlik rustig na die gewoel van baie mense."
"George is 'n mooi dorp in 'n pragtige omgewing. Verskeie strande, nie vêr om te besoek nie."
"Ons was erg teleurgesteld met die kwaliteit van die lewensredders wat daar diens gedoen het. Hulle was volgens ons nooit 100% gereed vir aksie nie, want hulle aandag word afgetrek deur vriende wat opdaag en dan vir ure aaneen gesels. Daar was ook 'n radio of iets soortgelyks wat klipharde musiek speel. Dan is hulle rug gekeer na die see, so hulle kan nie sien of hoor as daar moontlike probleme op die sand of in die seewater is nie."
"'n Groter verskeidenheid restaurante op die seefront sal lekker wees. Daar was nie regtig 'n goeie, billike restaurant waar 'n mens net lekker kan kuier nie."
"Daar is wel nie baie te doen vir die stadsjapies nie, maar die ou tronk is besonders en daar is baie ander interessante eetplekkies en winkeltjies waardeur mens kan snuffel. Dit is sentraal tussen die berg en die see, en bied ook baie buitelugaktiwiteite in die omgewing."