Geverifieerde Resensie
Garden Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 9467 resensies.
"Silwerskoon dorp, ons kom van die Oos-Kaap en ek wil nie politiek hierby betrek nie, maar dit verskil hemelsbreed van hoe dit hier by ons lyk! Ons sien met verlange uit om julle weer te besoek!"
"'n Pragtige stil kusdorpie langs die see met pragtige uitsigte oor die see of binneland na die berge."
Sentraal Mosselbaai, Tuinroete
Bay Vista Guesthouse"Baie netjies en was verbaas oor al die interessante winkeltjies/restaurante wat ontstaan het."
"Die plek is netjies en skoon en word goed onderhou. Die mense in Danabaai is baie vriendelik en behulpsaam."
"Ons bly elke jaar verskeie kere daar, weg uit Knysna se gewoel maar naby al die besoekersopsies van die omgewing."
"Pragtige ou klein plekkie wat redelik sentraal geleë is tussen Mosselbaai, Stilbaai en Riversdal. Soos die joggie by die brandstof hawe kla: "Daar is nie veel te doen hier nie madam". Maar soms, wil ons mense van die stad, regtig nie veel doen nie. Die rustigheid is genesend en die stilte restorerend. In die stilte vind jy juwele in mense en klein winkeltjies en stil grond paadjies na vriendelike tannies en ooms wat lekker baie kan praat terwyl jy gelukkig nie een woord hoef te uiter nie. "
"Ek het nooit gedink Hoekwil het sulke mooi plekkies nie, maar is 'n mooi en rustige plek."
"Witsand is ideaal as mens van die stedelike gewoel wil wegkom. In die omgewing is interessante plekke om te besoek: die pont by Malgas, de Hoop natuurreservaat, Infanta. Heidelberg het pragtige ou geboue en ' Aan de Kanaal' koffiewinkel is 'n moet. "
"Baie mooi omgewing. Ons dink alweer aan ons volgende besoek daar. Sal baie graag weer wil gaan as dit enigsins moontlik is. "
"Ons hou van private strande, min mense en nie baie winkels nie. Die natuurskoon is pragtig!"