Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36612 reviews.
"Voëlkyker se paradys. Boonop lekker sentraal om die groter omgewing te verken tydens daguitstappies. "
"Klawer is 'n baie sentrale dorp om in te bly en noord, suid of wes te ry en saans terug te kom na jou slaapplek. Die blomme was ook pragtig."
"Klein dorpie, maar vol saligheid en vrede. Daar is 'n eetplek en wynproe op die hawe. Ons het ook plaaslike vissersbote ingewag as hul van die see af kom om te kyk na hul dag se vangs, terwyl die vuurtoring oor ons waghou. Mooiste grondpaaie in omgewing vir verkenning. Strandfontein baie naby en het ook heerlike eetplek met mooiste uitsig oor die see."
"Dit was 'n gerieflike plek om oor te slaap om blomme in die Weskus Nasionale Park, Tietiesbaai, Langebaan, Darling, Hopefield ens te sien. "
"Pragtige omgewing, alhoewel ons net oorgeslaap het. Het nie regtig rondgegaan in Bloubergstrand nie. "
"Daar is beslis heelwat op Velddrif te doen en ’n mens kan ’n tydjie daar deurbring net om na die voëls te kyk. Baie oulike restaurantjies. "
"The flower show is an absolute must and so many shops now to buy your groceries. "
"Pragtige natuurskoon en vriendelike mense. "
"Ongelooflike mooi skoon dorpie met baie vriendelike en gawe mense. "
Stellenbosch Central, Western Cape
Laanhof"Ons het my dogter geneem om Stellenbosch Universiteit te besoek. Ons is gaande oor die ligging, veiligheid en algemene gevoel van veiligheid wat die gebied bied. Dis beautiful en maklik bereikbaar vanaf die lughawe."