Resensies van Western Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.58 uit 5 gekry volgens 39877 resensies.
. - 27th October 2016
staying in Hout Bay, Wes-Kaap
Baie mooi daar!
. - 27th October 2016
staying in Paternoster, Wes-Kaap
Heerlik en vriendelik!
. - 27th October 2016
staying in Beaufort-Wes, Wes-Kaap
Beaufort-Wes is 'n pragtige dorp en besighede is maklik bereikbaar.
. - 27th October 2016
staying in Wildernis, Wes-Kaap
Strand is pragtig en mooi skoon en Wildernis is gerieflik geleë naby soveel ander plekke om te besigtig en om dinge te gaan doen. Daarby is Wildernis 'n pragtige plek met baie groen plantegroei.
. - 27th October 2016
staying in Prins Albert, Wes-Kaap
Wat 'n lekker dorp. In die toekoms sal ons beslis langer bly in Prins Albert.
. - 27th October 2016
staying in Beaufort-Wes, Wes-Kaap
It is worthwhile to stop over and just catch your breath here. A busy little town but not too busy to relax.
. - 27th October 2016
staying in Strand, Wes-Kaap
Baie sentraal tot Kaapstad, die wynland en pragtige strande.
. - 27th October 2016
staying in Yzerfontein, Wes-Kaap
Yzerfontein is pragtig.
. - 27th October 2016
staying in Yzerfontein, Wes-Kaap
Ek was werklik aangenaam verras met die dorp. Die Spar is fantasties - mens kan alles daar kry wat jy nodig het. Goeie verskeidenheid produkte - ook heerlike vars produkte en gebak. Ook die restaurant waar ons gaan eet het, was 'n totale verrassing. Lulu's by die sportklub - heerlikste kos en atmosfeer. Verder is die dorp rustig - mense loop langs die strate met hul honde - dis stil en soms is al wat jy hoor die geruis van die see. Baie naby Darling met talle aktiwiteite om te geniet. Pragtig!
. - 27th October 2016
staying in Jacobsbaai, Wes-Kaap
Die dorpie is ideaal vir 'n wegbreek van die jaag en geraas van die stad. Wat dit lekker maak is dat daar geen winkels is, behalwe vir die kafee en restaurant, so jy voel regtig asof jy kan ontspan en jou eie ding doen. Lekker roetes om te stap langs die see met mooi strande. Sal beslis weer hierdie klein Weskus juweel besoek.
. - 27th October 2016
staying in Brackenfell, Wes-Kaap
Goeie en veilige gastehuise in omgewing ook.
. - 27th October 2016
staying in Langebaan, Wes-Kaap
Pragtige plek. Alles wat jy nodig het naby jou.
. - 27th October 2016
staying in Paternoster, Wes-Kaap
My aftree plek.
. - 27th October 2016
staying in Sandbaai , Wes-Kaap
Pragtige paadjie 2 blokke vanaf Gray Stone Cottage al langs die see af.
. - 27th October 2016
staying in Rawsonville, Wes-Kaap
Ons was hier vir 'n troue. Was 4 km weg van die venue af, polisie is baie erg op gaste wat nie van die omgewing af kom nie. Daar is definitief 'n mark vir meer vervoermaatskappye wat gaste optel en aflaai. Maak vervoer van en na 'n bestemming opsioneel - veral as dit vir spesiale okasies is. Vir 'n "plaasdorp" is die polisie erger as in die stad self. Stuur hul bietjie stad toe, ons het hul in die stad meer nodig. Andersins sal ek more Rawsonville toe trek as ek kon.
. - 27th October 2016
staying in Jacobsbaai, Wes-Kaap
As jy in 'n mooi plek wil bly en nie omgee om naby die see te wees nie, is dit 'n lekker plek om te bly.
. - 27th October 2016
staying in Citrusdal, Wes-Kaap
Citrusdal is 'n klein plattelandse dorpie wat baie besig is op 'n Saterdag, maar daar heers 'n heerlike atmosfeer. Alles wat jy nodig het is daar. Hulle Spar voorsien aan alle behoeftes. Klein koffie winkeltjie waar ons heerlik gekuier het op die stoep. Lieflike omgewing.
. - 27th October 2016
staying in Strand, Wes-Kaap
Dis lekker sentraal en vinnig om by Somerset-Wes uit te kom maar nie so duur soos Somerset-Wes nie.
. - 27th October 2016
staying in Prins Albert, Wes-Kaap
Pragtige dorpie en Gamkaskloof (Die Hel) is 'n moet sien!
. - 27th October 2016
staying in Bettysbaai, Wes-Kaap
Kan nie vir beter vra nie.
. - 27th October 2016
staying in De Kelders, Wes-Kaap
Lovely break away from everyday hussle and bussle but limited in cafes and restaurants. Hermanus is 40 minutes' drive away.
. - 27th October 2016
staying in Strand, Wes-Kaap
Die Strand was altyd 'n lekker vakansieplek.
. - 27th October 2016
staying in Port Owen, Wes-Kaap
Benodig meer winkelsentrums met restaurante.
. - 26th October 2016
staying in Welgemoed, Wes-Kaap
Lekker sentraal.
. - 26th October 2016
staying in Stilbaai, Wes-Kaap
On the Rocks is die beste restaurant met groot porsies en waarde vir jou geld. Ek sal definitief weer Stilbaai besoek.
. - 26th October 2016
staying in McGregor, Wes-Kaap
Dis jammer om te sien dat instellings soos die kerk en skool momentum verloor. Dis nooit goed vir 'n gemeenskap nie. Wat natuur en omgewing aanbetref, is dit iets om te geniet.
. - 26th October 2016
staying in Beaufort-Wes, Wes-Kaap
Die paar ure wat ons gehad het om Beaufort-Wes te verken was duidelik te min. Daar is nog heelwat om te sien en doen. Pragtige ou kerke en heelwat interessante winkeltjies.
. - 26th October 2016
staying in Stellenbosch Sentraal, Wes-Kaap
Mooi geskiedkundige dorp.
. - 26th October 2016
staying in Hermanus, Wes-Kaap
A great place to enjoy good food, great scenery, wonderful wines and, if whales are in the bay, one of the finest sights in the world.
. - 26th October 2016
staying in Stellenbosch, Wes-Kaap
Not enough time in Stellenbosch and surrounds. We will be back to explore and experience more fully what the area has to offer.
. - 26th October 2016
staying in Struisbaai, Wes-Kaap
Dit is 'n moet om te besoek, die feit dat dit die mees suidelike punt van Afrika is met die geskiedenis rondom dit is baie interessant.
. - 26th October 2016
staying in Hermanus, Wes-Kaap
Fantastiese vakansie-bestemming.
. - 25th October 2016
staying in Yzerfontein, Wes-Kaap
Heerlike dorpie, naby Kaapstad.
. - 25th October 2016
staying in Strand, Wes-Kaap
Baie sentraal.
. - 25th October 2016
staying in Somerset-Wes, Wes-Kaap
Lieflike area naby alles.
. - 25th October 2016
staying in Hout Bay, Wes-Kaap
Sal graag daar wil aftree.
. - 25th October 2016
staying in Robertson, Wes-Kaap
Ons was by Wine on the River, en dit was wonderlik.
. - 25th October 2016
staying in Stilbaai, Wes-Kaap
Persoonlik dink ek kan Stilbaai baie besig wees in vakansietyd. Waarskynlik beter om by Botterkloof te bly en die paar kilometers in te ry na Stilbaai.
. - 25th October 2016
staying in Beaufort-Wes, Wes-Kaap
Very interesting place.
. - 25th October 2016
staying in Oudtshoorn, Wes-Kaap
Baie om te doen en pragtige dorp.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]