Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Escape From Cape Town

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Cape Town bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 28563 resensies.

De Kelders, Ontsnap Uit Kaapstad

On the Rocks B&B

"Die diens by on the rock is die beste, voel altyd welkom. Sal altyd daar oorbly as ek in daardie omgewing is. "

Swellendam, Ontsnap Uit Kaapstad

A Hilltop Country Retreat

"Moet nooit die dorp verander nie. Dit is een van die mooiste plekkies in ons land waar 'n mens ook van ons geskiedenis kan leer."

Robertson, Ontsnap Uit Kaapstad

Paul Kruger 63

"Die restaurante se besigheidsure is net bietjie swak. Enigste plek wat oop was vir aandete was Spur. Mens wil tog nie elke keer by Spur eet nie. Dit raak afgesaag."

Barrydale, Ontsnap Uit Kaapstad

Sandy's Place

"Eerste besoek aan Barrydale. Pragtige dorpie, sal weer daar stop. Nuwe restaurant, Giuseppe's, was heerlik!"

Riebeek-Wes, Ontsnap Uit Kaapstad

De Langenhof Guest House

"Cafe Felix Restaurant was 'n groot hoogtepunt van ons kuier. Vriendelike diens en heerlike kos geniet in 'n baie ontspanne atmosfeer."

Ceres, Ontsnap Uit Kaapstad

Village Guesthouse & Restaurant

"Dit lyk asof cherries pluk en zipline al is om te doen in Ceres as 'n toeris, maar ek kan die cherries pluk hoog aanbeveel, dit was lekker familie pret."

Melkbosstrand, Ontsnap Uit Kaapstad

Arniston Village

"Ons het vir die eerste keer aan die "Weskus" kant van Kapstad gebly met die doel om bietjie die gebied tot Saldanha te verken. Groot strand is heerlik as mens vir 1 uur of meer in een rigting wil stap. Darem ook nie te ver van Kapstad af nie - 40 min per motor."

Robertson, Ontsnap Uit Kaapstad

Wederom Hanepoot Huisies

"Sal baie beslis weer by Wederom Hanepoot Huisies gaan bly."

Robertson, Ontsnap Uit Kaapstad

Wederom Hanepoot Huisies

"Pragtige dorp en omgewing wat beslis meer as 'n deurry regverdig."

Robertson, Ontsnap Uit Kaapstad

Wederom Hanepoot Huisies

"'n Fantastiese pragtige plekkie wat my aan my kinderjare laat dink. Gaan definitief weer daar kuier."

Hermanus, Ontsnap Uit Kaapstad

Hermanus Boutique Guest House

"Ons het persoonlik nie van Hermanus gehou nie, was net te besig oor die algemeen. Restuarante was vol en so ook die strande. Groot irritasie was die hoeveelheid honde op die strand? Ons het ook honde, maar is nie gemaklik met honde op die strand nie! Ons het Hermanus besoek ondat ons miskien 'n eiendom daar wou koop, maar het nou daarteen besluit."

Stilbaai, Ontsnap Uit Kaapstad

Die Nessie

"Pragtige, veilige plek. Dorp baie skoon en netjies. Hou dit asseblief so!"

Hermanus, Ontsnap Uit Kaapstad

Chesham House

"Hermanus is 'n asemrowende plek. Baie mooi, baie skoon en baie veilig. Sal enige tyd weer daarheen gaan."

Hermanus, Ontsnap Uit Kaapstad

Whale Coast Lodge

"Bietjie duur vir vakansiegangers dink word bietjie uitgebyt deur besighede."

Jacobsbaai, Ontsnap Uit Kaapstad

Ohana Self Catering

"As mens lief is vir die uniekhed van die Weskus, dan is Jacobsbaai die plek wat die 'gees van die Weskus' die beste weerspieël en leef. Die feit dat dit redelik ongekommersialiseerd is maak dit outentiek. "

Britanniabaai, Ontsnap Uit Kaapstad

Absolute Beach

"Wyd uitgesprei en groot dele onontwikkeld maak dit 'n gesogte wegbreek. "

Swellendam, Ontsnap Uit Kaapstad

Impangele

"Uitstekend - heerlikste pizza by Woodpecker Pizza House."

Paarl, Ontsnap Uit Kaapstad

5 Konings Guest House

"Is mal oor die Paarl. 'n Moet sien is die familieplaaswinkel in die hoofstraat. Dit is cute met alles wat mooi is. Ons kuier daar was absoluut die moeite werd."

Bovlei, Ontsnap Uit Kaapstad

Dunstone Country House

"Puik vir toeriste. Baie mooi natuurtonele."

Worcester, Ontsnap Uit Kaapstad

Damas

"Gholfbaan is pragtig."

Sandbaai , Ontsnap Uit Kaapstad

Bamboo Beach Seaside Guest House

"Baie naby aan al die omliggende toeriste-aantreklikhede."

Pringlebaai, Ontsnap Uit Kaapstad

Pringle Mingle Apartments

"'n Rustige dorpie, waar jy jouself weer kan vind."

Melkbosstrand, Ontsnap Uit Kaapstad

Two Owls Guest House

"Rustigheid en veiligheid was heerlik."

Lambertsbaai, Ontsnap Uit Kaapstad

Sir Lambert's Guest House

"Great dorp, vriendelike mense en baie bekostigbare restaurante."

Blad
Blad 903 - Wys 27061 tot 27090
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem